Louisville Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Louisville Internasionale Lughawe
Standiford Field
Ksdf.jpg
IATA: SDFICAO: KSDFFAA: SDF
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar/Operateur Louisville Regional Airport Authority (LRAA)
Bedien Louisville, Kentucky
Spil vir UPS Airlines
Hoogte bo seevlak 501 vt / 153 m
Koördinate 38°10′27″N 85°44′11″W / 38.17417°N 85.73639°W / 38.17417; -85.73639Koördinate: 38°10′27″N 85°44′11″W / 38.17417°N 85.73639°W / 38.17417; -85.73639
Webtuiste www.flylouisville.com
Landkaart
SDF is geleë in Kentucky
SDF
Ligging van die lughawe in Kentucky
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
17R/35L 11,887 3,623 Beton
17L/35R 8,578 2,615 Beton
11/29 7,250 2,210 Beton
Statistieke (2013)
Lugbewegings 148,533
Gestasioneerde vliegtuie 26
Passasiers (2014) 3,285,000
Bronne: Federal Aviation Administration (FAA),[1] Research and Innovative Technology Administration (RITA)/Bureau of Transportation Statistics (BTS)[2]

Louisville Internasionale Lughawe (IATA-kode: SDF, ICAO: KSDF) is 'n openbare en militêre lughawe sentraal geleë in die stad Louisville in Jefferson County, Kentucky, VSA. Die lughawe beslaan 4,9 km2 (1200 akkers) en het drie aanloopbane. Die IATA lughawe kode, SDF, is gebaseer op die lughawe se vorige naam, Standifort Field.

Die lughawe hanteer oor die 3,2 miljoen passasiers en oor die 2,35 miljoen ton (4.7 miljard pond) vrag elke jaar.[2] Dit is ook die derde besigste in die Verenigde State van Amerika in terme van vragverkeer, en die sewende besigste ter wêreld vir vrag.[3]

Die lughawe is ingesluit in die Nasionale Geïntegreerde Lughawestelselsplan vir 2011-2015, wat dit klassifiseer as 'n primêre kommersiële dienslughawe, aangesien dit meer as 10 000 passasiersvertrekke per jaar hanteer.[4] Soos per Federal Aviation Administration rekords het die lughawe 1 650 707 passasiersvertrekke in 2011 gehad, byna dieselfde as in 2010. [5]

Die lughawe is die tuiste van Worldport, die wêreldwye spilpunt van UPS Airlines. Die Kentucky Air National Guard se 123ste Lugbrugvleuel bedryf C-130 Herculesvragvliegtuie vanuit die naasgeleë Louisville Air National Guard Base.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Federal Aviation Administration. 15 November 2012.
  2. 2,0 2,1 RITA | BTS | Transtats - Louisville, KY: Louisville International-Standiford Field (SDF)”. 31 Maart 2014. URL besoek op 6 Julie 2014.
  3. Table 2 – Total Cargo Traffic 2013”. Internasionale Lughaweraad: 31 Maart 2014. URL besoek op 6 Julie 2014.
  4. 2011–2015 NPIAS Report, Appendix A”. (PDF, 2.03 MB) Federal Aviation Administration: 4 Oktober 2010.
  5. Passasiers- en vragdata vir 2011”. (PDF, 1.7 MB) Federal Aviation Administration: 9 Oktober 2012.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.