MPEG-1 Oudio Laag 3

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Broom icon.svg Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

MPEG-1 Oudio Laag 3 (MP3), (Engels: MPEG-1 Audio Layer 3) is 'n lêerformat vir die verliesvrye oudiodatakompressie. MP3 gebruik die prinsiep waar slegs die gedeelte opgeneem en gestoor word wat die menslike oor kan hoor. Daardeur word 'n datakompressie moontlik, wat die oudiokwaliteit min of glad nie beïnvloed nie. Die formaat is 'n indirekte voorganger van AAC (Advanced Audio Coding) (geslote/eiendomsreg) of Vorbis (vry/gratis) wat 'n beter kwaliteit en funksionaliteit oplewer.[1]

Bergingsspoed[wysig | wysig bron]

In vergelyking met die data wat op 'n oudio CD gestoor is, gebruik 'n lêer wat in MP3 geënkodeer is om en by 10% van die stoorplek. (Dit geld vir kwaliteit wat 'n bergingsspoed (sampling rate) van 128kbps bied.)

Wenke[wysig | wysig bron]

Die opneem van jou eie MP3 / mp3PRO musiek- en spraak-lêers is redelik maklik vandag.

Kwaliteit[wysig | wysig bron]

Die kwaliteit is direk afhanklik van die sampling rate (bergingsspoed), die bisse wat gestoor word per sekonde. Hoe meer inligting per sekonde gestoor word hoe beter is die reproduseerbaarheid (reproduksie) van die klank.

Toetsopnames[wysig | wysig bron]

Maak 'n reeks opnames met verskillende sampling rates en vergelyk die resulterende kwaliteit daarvan, voor jy begin om opnames op 'n grootskaal te maak. Jy sal dalk daarna uitvind dat die gewenste verhouding tussen stoorplek en kwaliteit beter gekies kon gewees het.

Duimreël vir MP3-opnames[wysig | wysig bron]

Die mees algemene standaard vir die MP3-formaat wat tans vir musiekopnames gebruik word is 128kbps. (Dit bied die geskikste verhouding tussen kwaliteit en stoorplek en is goed om opnames vanaf oudio-CD of ander bronne te maak.) – Dit sal sowat 10% van die stoorplek van 'n CD-opname van die selfde lengte gebruik en dus dal 'n tien taal aan MP3-snitte op 'n CD-ROM gestoor kan word. (Vir beter kwaliteit kan 192kbps en 256kbps gebruik word. Hoër oplossings – tot 320kbps is moontlik, maar eintlik mors van stoorplek omdat die kwaliteitsverskille skaars waargeneem kan word.) Indien hy 'n CD-speler in die kar het, waar die geraas in elke geval redelik hoog is, sal dit dalk goed wees om 'n laer kwaliteit teenoor langer speeltyd te oorweeg. Hiervoor sal jy die oudiomateriaal met 'n oplossing van laer as 128kbps (dalk 56kbps, 64kbps of 96 kbps) op te neem en die speelduur amper te kan verdubbel (by 64kbps – omdat dit 50% van 128kbps is).

Vir spraakopnames is dit moontlik om so laag as 56kbps te gaan om verlengde speeltyd te verkry en die stoorplek effektiev te benut. Om verder plak te bespaar kan pleks in Stereo ook in Mono opgeneem word, wat nog 'n 50% plekbesparing gee en slegs een kanaal opneem, pleks van twee (links en regs) – tensy die Stereo-Effek gewens of nodig is.

Indien jy beoog om 'n CD-speler vir die huis aan te skaf, gee eerder 'n paar Rand meer uit en koop een wat ook MP3's kan terugspeel, of nog beter, kyk vir 'n DVD-speler. Die meeste DVD-spelers vandag ondersteun al verskeie formate, soo: MP3 (en miskien al mp3PRO ?), WMA ens. Indien daar een is wat MPEG-4 / DivX / XviD kan terugspeel, sal dit goed wees vir hoë-kompressie video's, en word dit aanbeveel.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]