Gaan na inhoud

Magners

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Bottel Magners Cider

Magners Irish Cider is 'n handelsmerk vir sider wat in die Ierse graafskap Tipperary deur die C&C Group vervaardig word. Die produkreeks is intussen uitgebrei tot vier soorte sider - Original, Light, Pear en Berry. Magners is oorspronklik as Bulmers Irish Cider vervaardig en bemark en word in die Republiek Ierland steeds onder dié naam verkoop, alhoewel die fabriek nie meer in besit van H. P. Bulmer (een van die voorste siderprodusente in Engeland) is nie. In Noord-Ierland en die res van die Verenigde Koninkryk word dit, net soos op ander internasionale markte, bemark as Magners.

Magners is die hoofborg van die Glasgowse sokkerspan Celtic Football Club.