Maledive

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Maldive-eilande)
Jump to navigation Jump to search
ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ
Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya
Republiek die Maledive
Vlag van Maledive Embleem van Maledive
Vlag Embleem
Volkslied: ޤައުމީ ސަލާމް
Gaumii salaam
(Dhivehi vir: "Nasionale saluut")
Ligging van Maledive
Hoofstad Malé

4°10′N 73°30′O / 4.167°N 73.500°O / 4.167; 73.500

Grootste stad Malé
Amptelike tale Dhivehi
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Ibrahim Mohamed Solih
Faisal Naseem
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
26 Julie 1965
7 Augustus 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
298[1] km2  (187ste)
115 myl2
≈99
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
427 756[2] (175ste)
341 356[3]
1 102,5 / km2 (11ste)
2 855,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$7,926 miljard[4] (162ste)
$21 320[4] (69ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$5,151 miljard[4]
$13 855[4]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,717[5] (101ste)  –  hoog
Gini (2009) 38,4[6] –  medium
Geldeenheid Rufiyaa (MVR)
Tydsone
 - Somertyd
MVT (UTC+5:00)
nie toegepas nie (UTC+5:00)
Internet-TLD .mv
Skakelkode +960

Die Maledive of Maledive-eilande (Dhivehi: ދިވެހިރާއްޖެ, Dhivehi Raa'jey), amptelik die Republiek die Maledive (ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ, Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya), is 'n tropiese eilandnasie in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit bestaan uit 1 192 eilande, waarvan ongeveer 200 bewoon is. Die Maledive is die kleinste onafhanklike land in Asië met 'n oppervlakte van 298 km² en 'n bevolking van 427 756 in 2016. Die hoofstad en grootste stad is Malé. Die Maledive is sowat 700 km suidwes van Indië, 400 km suidwes van Sri Lanka en 500 km noord van die Chagos-argipel geleë. In die noordweste sluit die Arabiese See aan.

Nasa-Satellietbeeld van die Maledive
Kaart van die Maledive

Die naam "Maledive" is waarskynlik afgelei van die Tamil-woorde maalai ("krans") en theevu ("eiland"),[7] of මාල දිවයින (Maala Divaina, "halssnoereilande") in Singalees.[8] In Sanskrit beteken mālādvīpa (मालाद्वीप) "krans van eilande". Die landsnaam verwys darem ná die Maledive se geografiese vorm as 'n eilandketting. Die antieke Sri Lankaanse kroniek Mahawamsa verwys ná 'n eiland met die naam Mahiladiva ("eiland van vroue", महिलादिभ) in Pali, wat waarskynlik 'n verkeerde vertaling van die Sanskritnaam is.

Die Maledive het in 1887 'n Britse protektoraat geword, maar op 26 Julie 1965 word dit 'n onafhanklike land. In onlangse jare het die Maledive 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met Sri Lanka is die Maledive net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die hoogste onder Suid-Asiatiese nasies.

Die Maledive word ernstig deur klimaatverandering bedreig en saam met ander klein eilandnasies beywer die regering hulle vir die bekamping van aardverwarming. Die Maledive handhaaf sterk bande met ander eilandnasies rondom die Indiese Oseaan soos die Comore-eilande, Mauritius en die Seychelle. In 2016 het die Maledive die Britse Statebond uit protes teen internasionale kritiek op sy rekords in verband met korrupsie en menseregte verlaat.[9]

Geskiedenis en politiek[wysig | wysig bron]

Die eerste kontak met die Weste dateer uit 1518, toe die Portugese vergeefs geprobeer het om die Maledive vanuit Goa te koloniseer. Na voortdurende aanvalle deur see rowers van die Malabarkus het die sultan van die eilande die Nederlandse koloniste op Ceylon (huidige Sri Lanka) in 1645 om beskerming genader.

Na die oordrag van Ceylon aan die Verenigde Koninkryk het die Maledive onder Britse beskerming gestaan en in 1887 het dit 'n Britse protektoraat geword. Met die onafhanklikwording van Ceylon in 1948 is selfbestuur aan die eilande toegeken, hoewel die Verenigde Koninkryk steeds vir die buitelandse beleid verantwoordelik gebly het.

Die Maledive het in 1965 onafhanklik geword en in 1968 is die grondwetlike monargie (sultanaat) in 'n grondwetlike republiek omgeskep.

Nasionale simbole[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Central Intelligence Agency (24 April 2018). "Maldives". The World Factbook. Besoek op 6 Maart 2019.
  2. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 6 Maart 2019.
  3. (en) "GeoHive – Maldives Population". GeoHive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2015.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Maldives". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 6 Maart 2019.
  5. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 6 Maart 2019.
  6. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 6 Maart 2019.
  7. (en) Hogendorn, Jan en Johnson Marion (1986). The Shell Money of the Slave Trade. African Studies Series 49. Cambridge: Cambridge University Press. pp. 20–22. ISBN 0-521-54110-7.
  8. (en) P.E.P Deraniyagala in Senarat Paranavitana; Leelananda Prematilleka; Johanna Engelberta van Lohuizen-De Leeuw (1978). Senarat Paranavitana Commemoration Volume. Brill. pp. 52–. ISBN 978-90-04-05455-4. Besoek op 6 Maart 2019.
  9. (en) "Commonwealth Secretariat". 13 Oktober 2016. Besoek op 6 Maart 2019.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]