Maledive

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Maldives)
Jump to navigation Jump to search
ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ
Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya
Republiek die Maledive
Vlag van Maledive Embleem van Maledive
Vlag Embleem
Volkslied: ޤައުމީ ސަލާމް
Gaumii salaam
(Dhivehi vir: "Nasionale saluut")
Ligging van Maledive
Hoofstad Malé

4°10′N 73°30′O / 4.167°N 73.500°O / 4.167; 73.500

Grootste stad Malé
Amptelike tale Dhivehi
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Abdulla Yameen
Abdulla Jihad
Onafhanklikheid
• Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
26 Julie 1965
7 Augustus 2008
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
298[1] km2  (187ste)
115 myl2
≈99
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2014-sensus
 - Digtheid
 
427 756[2] (175ste)
341 356[3]
1 102,5 / km2 (11de)
2 855,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$7,396 miljard[4] (162ste)
$20 228[4] (89ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$4,825 miljard[4]
$13 196[4]

MOI (2014) Green Arrow Up Darker.svg 0,706[5] (103de)  –  hoog
Gini (2005–2013) 37,4[6] –  medium
Geldeenheid Rufiyaa (MVR)
Tydsone
 - Somertyd
MVT (UTC+5:00)
nie toegepas nie (UTC+5:00)
Internet-TLD .mv
Skakelkode +960
Nasa-Satellietbeeld van die Maledive
Kaart van die Maledive

Die Maledive of Maledive-eilande (Dhivehi: ދިވެހިރާއްޖެ, Dhivehi Raa'jey), amptelik die Republiek die Maledive (ދިވެހިރާއްޖޭގެ ޖުމްހޫރިއްޔާ, Dhivehi Raajjeyge Jumhooriyya), is 'n tropiese eilandnasie in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit bestaan uit 1 192 eilande, waarvan ongeveer 200 bewoon is. Die Maledive is die kleinste onafhanklike land in Asië met 'n oppervlakte van 298 km² en 'n bevolking van 427 756 in 2016. Die hoofstad en grootste stad is Malé. Die Maledive is sowat 700 km suidwes van Indië, 400 km suidwes van Sri Lanka en 500 km noord van die Chagos-argipel geleë. In die noordweste sluit die Arabiese See aan.

Die Maledive het in 1887 'n Britse protektoraat geword, maar op 26 Julie 1965 word dit 'n onafhanklike land. In onlangse jare het die Maledive 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met Sri Lanka is die Maledive net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die hoogste onder Suid-Asiatiese nasies.

Die Maledive is ernstig deur die klimaatverandering bedreig en saam met ander klein eilandnasies beywer die regering vir die bekamping van die aardverwarming. Die Maledive handhaaf sterk bande met ander eilandnasies rondom die Indiese Oseaan soos die Comore-eilande, Mauritius en die Seychelle. In 2016 het die Maledive die Britse Statebond uit protes teen internasionale kritiek op sy rekords in verband met korrupsie en menseregte verlaat.[7]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Central Intelligence Agency (24 April 2018). “Maldives”. The World Factbook. URL besoek op 30 April 2018.
  2. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 30 April 2018.
  3. (en) GeoHive – Maldives Population”. GeoHive.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) Maldive”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 30 April 2018.
  5. (en) 2015 Human Development Report Statistical Annex”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 30 April 2018.
  6. (en) Gini Index”. Wêreldbank. URL besoek op 2 Maart 2011.
  7. (en) Commonwealth Secretariat”. 13 Oktober 2016. URL besoek op 30 April 2018.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Asië

Lande: Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek China | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabakh - Noord-Siprus - Palestina - Republiek China (Taiwan) - Suid-Ossetië

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek China: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika