Maleisiese Grand Prix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ingang na die Sepang Internasionale Renbaan in Maleisië.
Die Sepang Internasionale Renbaan.

Die Maleisiese Grand Prix is 'n jaarlikse Formule Eenmotorwedren in Sepang, Maleisië.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die wedren is in 1999 vir die eerste keer gehou by die Sepang Internasionale Renbaan en is gewen deur Eddie Irvine, wat hom gehelp het met sy kampioenskapambisies. In 2000 het Michael Schumacher gewen, met Rubens Barrichello tweede. Dit was dieselfde geval in 2001, behalwe vir 'n kort reënbui wat die ren net na die wegspring getref het. In 2002 het Ralf Schumacher gewen en in 2003 het Kimi Räikkönen sy deurbraakoorwinning behaal.

In 2004 het Michael Schumacher weereens gewen. Fernando Alonso het in 2005 gewen en in 2006 het Giancarlo Fisichella gewen met Alonso tweede. Fernando Alonso het sy eerste oorwinning vir die McLarenspan behaal in 2007 en in 2008 het Kimi Raikkönen weereens gewen.

Voormalige wenners[wysig | wysig bron]

Jaar Renjaer Vervaardiger Plek
2015 Vlag van Duitsland Sebastian Vettel Ferrari Sepang
2014 Vlag van Verenigde Koninkryk Lewis Hamilton McLaren-Mercedes
2013 Vlag van Duitsland Sebastian Vettel Red Bull-Renault
2012 Vlag van Spanje Fernando Alonso Ferrari
2011 Vlag van Duitsland Sebastian Vettel Red Bull-Renault
2010 Vlag van Duitsland Sebastian Vettel Red Bull-Renault
2009 Vlag van Verenigde Koninkryk Jenson Button Braun-Mercedes
2008 Vlag van Finland Kimi Räikkönen Ferrari
2007 Vlag van Spanje Fernando Alonso McLaren-Mercedes
2006 Vlag van Italië Giancarlo Fisichella Renault F1
2005 Vlag van Spanje Fernando Alonso Renault F1
2004 Vlag van Duitsland Michael Schumacher Ferrari
2003 Vlag van Finland Kimi Räikkönen McLaren-Mercedes
2002 Vlag van Duitsland Ralf Schumacher Williams-BMW
2001 Vlag van Duitsland Michael Schumacher Ferrari
2000 Vlag van Duitsland Michael Schumacher Ferrari
1999 Vlag van Verenigde Koninkryk Eddie Irvine Ferrari