Manuel Escorcio

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Manuel Escorcio
Geboortenaam Manuel Maria Lamarque Escorcio
Beroep(e) Sanger
Tipe stem Tenoor
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1982 – nou
Webwerf manuelescorcio.co.za
Assosiasies Janita Claassen
Rina Hugo
Portal.svg Musiekportaal

Manuel Escorcio is 'n tenoor wat bekend is vir sy operaoptredes en Afrikaanse liedjies. Hy is ook Portugees en Engels magtig en sing ook in die tale. Hy begin sy musiekloopbaan op 16-jarige ouderdom by die Helderberg Kollege in Somerset-Wes in Suid-Afrika.[1]

Escorcio het al regoor Suid-Afrika opgetree, asook in die VSA, Kanada, Brasilië, Portugal, Venezuela, die Filippyne en Australië.[2]

In 1981 word die Orde van Prins Henry aan hom toegeken.[1]

Biografie[wysig]

Manuel Maria Lamarque Escorcio is in Lourenço Marques in Mosambiek gebore, maar immigreer in 1966 na Suid-Afrika. Hy verwerf 'n graad in Teologie, Meesters in Musiek en die kameraadskap van die Royal Schools of London en Trinity College[3].

Diskografie[wysig]

  • Manuel & Janita - Ons Beste Treffers, 2009 SELECT
  • Elke Dag Met Jou, 2009
  • In Harmonie, met Rina Hugo, 2008 FANTASIA
  • Jesus Het Kinders Lief, 2008 FANTASIA
  • Jesus Loves Kids, 2008 FANTASIA
  • Manuel sing Gé en Gert, 2007 FANTASIA
  • Manuel Escórcio sing Gert Potgieter
  • Christmas With Manuel, 2007 KOSMOS
  • Jesus Is Calling Now CD/DVD, 2007 MARANATHA
  • ...in Worship, MARANATHA
  • The Power of His Love DVD; verfilm in Australië, New-Seeland en Fiji
  • Grootste treffers (2 CD's), SELECT
  • Kaalvoet Strandloper, FANTASIA
  • Nootvennote, met Charl van Heyningen, VAT 5 MUSIEK
  • Ons Eie Drie Tenore 2, SELECT
  • Ons Eie Drie Tenore, SELECT
  • The Irresistible Jesus, SELECT
  • Grootste Treffers Ooit, SELECT
  • 38 Gospel Hits, SELECT
  • A Touch Of Grace, SAGOSPEL
  • Rivers of Joy, SAGOSPEL
  • 30 Loved Hymns, SAGOSPEL
  • Jesus het Kinders lief, SAGOSPEL
  • Jesus Loves Kids, SAGOSPEL
  • Christmas with Manuel, SAGOSPEL
  • Grace Bound, SAGOSPEL
  • Timeless, GRACEBOUND MUSIC
  • 25 Geestelike Treffers, MARANATHA
  • I Will Rise Again, MARANATHA
  • I'll Walk With God, SELECT
  • Simply Classics, SELECT
  • Grootste Treffers Vol 2, SELECT
  • Grootste Treffers Vol 1
  • Iets Vir Almal, SELECT
  • Gewildste Duette, met Janita Claassen, 1991 SELECT
  • Weer Saam LP, 1990 SELECT
  • Grootste Treffers Vol 1, SELECT
  • Liefde...Immergroen, met Janita Claassen, 1987 SELECT
  • Musica LP, CSRBCD 101/CBK(L)7011 1983 CENTRAL STATION/TRANSISTOR
  • My Lied Vir Jou LP, 1982 GALLO
  • Ballade Vir Adeline, 1982[4]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 (1983) Communicaciones al XV Congreso internacional de las ciencias genealogíca y heráldica. Instituto Salazar Y Castro, 194. ISBN 8400053427. 
  2. "Manuel Escórcio vier tuiskoms met nuwe album", 2000-06-06. URL besoek op 19 Junie 2010.
  3. Bio op musicians.co.za, besoek op 6 Maart 2010.
  4. Vetseun.co.za, besoek op 6 Maart 2010.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]