Mao Zedong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mao Zedong
毛泽东
Mao Zedong

Mao Zedong in 1963


1ste Voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van China
Ampstermyn
19 Junie 1945 – 9 September 1976
Vise Liu Shaoqi
Lin Biao
Zhou Enlai
Hua Guofeng
Voorafgegaan deur Homself (as Sentrale Politkantoor-voorsitter)
Opgevolg deur Hua Guofeng

1ste Voorsitter van die Sentrale Politkantoor van die Kommunistiese Party van China
Ampstermyn
20 Maart 1943 – 24 April 1969
Voorafgegaan deur Zhang Wentian
(as Sentrale Komitee se Algemene Sekretaris)
Opgevolg deur Homself (as Sentrale Komitee se voorsitter)

1ste Voorsitter van die Kommunistiese Party se Sentrale Militêre Kommissie
Ampstermyn
23 Augustus 1945 – 1949
Ampstermyn
8 September 1954 – 9 September 1976
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Hua Guofeng

1ste Voorsitter van die Nasionale Komitee van die Chinese Volk se politieke Raadplegende Konferensie
Ampstermyn
21 September 1949 – 25 Desember 1954
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Zhou Enlai

Erevoorsitter van die Nasionale Komitee van die Chinese Volk se politieke Raadplegende Konferensie
Ampstermyn
25 Desember 1954 – 9 September 1976
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Amp afgeskaf

1ste Voorsitter van die Volksrepubliek China
Ampstermyn
27 September 1954 – 27 April 1959
Vise Zhu De
Eerste minister Zhou Enlai
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Liu Shaoqi

Lid van die Nasionale Volkskongres
Ampstermyn
15 September 1954 – 18 April 1959
Ampstermyn
21 Desember 1964 – 9 September 1976

Persoonlike besonderhede
Geboorte 26 Desember 1893
Sjaosjan, Hunan, Qing-dinastie
Sterfte 9 September 1976 (op 82)
Beijing, Volksrepubliek China
Politieke party Kommunistiese Party van Sjina
Eggenoot/eggenote Luo Yixiu (1907–1910)
Yang Kaihui (1920–1930)
He Zizhen (1930–1937)
Jiang Qing (1939–1976)
Kind(ers) 10
Religie Geen (Ateïs)
Handtekening Mao Zedong signature.svg

Mao Zedong (Chinees: 毛泽东; ou Afrikaanse spelling: Mao Tse-toeng; 26 Desember 18939 September 1976) was 'n kommunistiese Chinese politikus en partyleier. Hy was die leier van die Volksrepubliek China sedert die stigting daarvan in 1949 tot sy dood in 1976.

Mao proklameer die stigting van die Volksrepubliek China op 1 Oktober 1949.
Mao ontmoet pres. Richard Nixon van die VSA in 1972.

Sy naam word ook soms as "Mao Tse-Tung" getranslitereer. Let op dat "Mao" sy van is – in Chinees word die van altyd eerste geskryf. Hy word ook soms Voorsitter Mao Zedong genoem, omdat hy van 1935 die voorsitter van die Kommunistiese Party van China was. Sy Marxisties-Leninistiese teorieë, militêre strategieë en politieke beleid is gesamentlik bekend as Marxisme-Leninisme-Maoisme (dikwels verkort tot Maoisme).

Mao was 'n omstrede figuur, tog word hy as een van die belangrikste individue in die moderne geskiedenis van die wêreld beskou.[1] Mao het hoë aansien in die Volksrepubliek China geniet. Sy ondersteuners het hom as 'n groot leier beskou en dig groot prestasies aan hom toe, insluitende die modernisering van China en die uitbou daarvan as 'n wêreldmag, die bevordering van die status van vroue, die verbetering van onderwys en gesondheidsorg, die verskaffing van universele behuising, en 'n verhoogde lewensverwagting soos China se bevolking van ongeveer 550 tot meer as 900 miljoen gedurende sy leierskap gegroei het.[2][3] Maoiste bevorder ook die rol wat hy as teoretikus, staatsman, digter en 'n visioenêre leier gespeel het.[4]

In teenstelling hiermee word hy deur historici en kritici beskryf as 'n diktator wat sistematies menseregte geskend het, en wie se leierskap gelei het tot die dood van 40 tot 70 miljoen mense as gevolg van hongersnood, dwangarbeid en teregstellings.[5][6][7] Dit is die meeste mense wat tot hede in vredestyd om die lewe gebring is, selfs meer as wat deur Hitler of Stalin se beleid veroorsaak is.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Mao Zedong". The Oxford Companion to Politics of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2006. Verkry op 23 Augustus 2008. 
  2. The Cambridge Illustrated History of China, by Patricia Buckley Ebrey, Cambridge University Press, 2010, ISBN 0-521-12433-6, bl. 327
  3. Atlas of World History, by Patrick Karl O'Brien, Oxford University Press US, 2002, ISBN 0-19-521921-X, bl. 254, link
  4. Short 2001, p. 630 "Mao had an extraordinary mix of talents: he was visionary, statesman, political and military strategist of cunning intellect, a philosopher and poet."
  5. Short 2001, p. 631
  6. Rummel, R. J. China's Bloody Century: Genocide and Mass Murder Since 1900, 1991. ISBN 0-88738-417-X
  7. Jonathan Fenby (2008). Modern China: The Fall and Rise of a Great Power, 1850 to the Present. Ecco Press. p. 351. ISBN 0-06-166116-3. “Mao's responsibility for the extinction of anywhere from 40 to 70 million lives brands him as a mass killer greater than Hitler or Stalin, his indifference to the suffering and the loss of humans breathtaking” 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]