Marco D'Oggiono

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pala dei Tre Arcangeli

Marco d'Oggiono (ongeveer 1470 – ongeveer 1549) was 'n Italiaanse Renaissance skilder. Hy was een van Leonardo da Vinci se leerlinge en het kopieë van 'n aantal van Leonardo se skilderye gemaak.

Daar is baie min oor sy lewe bekend, selfs die datums van baie van sy skilderye is onbekend. Hy is in die dorp Oggiono naby Milaan gebore en het moontlik ook in Milaan gesterf. Latere skrywers meld kontrasterende sterfdatums: 1530, 1540 en 1549. Die laasgenoemde word vandag meer algemeen aanvaar.

Hy het 'n hele boel kopieë van Leonardo se Laaste Avondmaal geskep, wat tans in museums en instellings regoor die wêreld gesien kan word.