Margaret Roberts
Margaret Roberts | |
Geboortenaam | Margaret Joan Roberts |
---|---|
Geboorte | 1937 Pretoria |
Sterfte | 4 Maart 2017 (op 80) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, kruiedokter |
Bekend vir | Boeke, lesings, demonstrasies |
Webblad | margaretroberts.co.za |
Margaret Roberts (* 1937 - † 4 Maart 2017) was 'n Suid-Afrikaanse kruiedokter en skrywer van meer as 30 boeke oor kruie en verwante onderwerpe. Sy het haar landgenote (en mense oor die wêreld) vir bykans 35 jaar geïnspireer om tuine te skep, hul eetgewoontes te verander en natuurlike medisyne en plaagdoders te gebruik.
Die Margaret Roberts-kruiesentrum in De Wildt (naby Hartbeespoort, reg langs die jagluiperd-plaas) is na haar vernoem. Ludwig Taschner het ook een van sy rose na haar genoem. Haar naam is aan talle produkreekse gekoppel, insluitend toiletware, geskenke, kombuisware, skryfbehoeftes en tekstiele.[1] Sy was 'n gekwalifiseerde fisioterapeut en het 'n Laureaat-prys van die Universiteit van Pretoria ontvang.[2][3]
Haar dogter, Sandy Roberts, volg in haar voetspore.
Boeke
[wysig | wysig bron]Margaret Roberts het meer as 30 boeke oor kruie en verwante onderwerpe geskryf.[2][4][5]
Afrikaanse boeke:
- Kruie vir swangerskap en kindersorg, 1992, ISBN 978-0-947464-51-6
- Kook met kruie in die winter, 1992, ISBN 978-0-947464-49-3
- Mooi en Gesond Met Kruie, 1992, ISBN 978-0-947464-43-1
- Alles oor Kruie, 2003, ISBN 978-1-86872-500-7
- Weefselsoute vir Kinders: Babas, Kleuters en Tieners, 2014, ISBN 978-1-77584-236-1
- Plantmaats (Companion Planting), 2007, ISBN 978-1-875093-76-2
- Weefselsoute vir Heilsaamheid (Tissue Salts for Healthy Living), 2014, ISBN 978-0-86486-549-6
Engelse boeke:
- A-Z of Herbs
- The Essential Margaret Roberts: My 100 Favourite Herbs
- Edible and Medicinal Flowers
- Pregnancy and Child Care for Healthy Living
- Healing Foods
- The Forest Fairies and the Great Battle
- Herbal Teas for Healthy Living
- Herbal Beauty for Healthy Living
- The Lavender Book
- 100 Edible & Healing Flowers: Cultivating, Cooking, Restoring Health
- Tissue Salts for Children: Babies, Tots, Teens
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Singh, Kavee. "'Doyenne of SA herb industry' Margaret Roberts passes away" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 4 Maart 2017.
- ↑ 2,0 2,1 "Margeret Roberts". The South African Journal of Natural Medicine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2016. Besoek op 2 September 2016.
- ↑ "Margaret Roberts" (in Engels). ageless.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 2 September 2016.
- ↑ "Margaret Roberts Herbal Centre" (in Engels). margaretroberts.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 2 September 2016.
- ↑ "Books by Margaret Roberts". amazon.com. Besoek op 2 September 2016.