Marius Fransman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Marius Fransman, 2013

Marius Fransman is 'n Suid-Afrikaanse politikus en die Wes-Kaap se Minister van Vervoer en Openbare Werke. Hy was 'n lid van die African National Congress (ANC) tot en met November 2016 toe hy vir vyf jaar uit die party geskors is nadat die party se tugkomitee hom skuldig bevind het aan wangedrag.[1] Voor die verkiesing van 2004, was hy Minister van Maatskaplike Ontwikkeling en Armoedeverligting. Sedert 2004 tot Julie 2005 was hy Minister van Plaaslike Regering en Behuising.

Hy verskyn op 14 Augustus 2019 in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap op 'n aanklagte van seksuele aanranding.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Voormalige ANC-voorsitter in hof vir seksuele aanranding. Maroela Media (14 Augustus 2019). URL besoek op 14 Augustus 2019.