Marmer-drilvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Marmer-drilvis
Bewaringstatus
Gebrekkige data (IUBN 3.1)[1]
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Klas: Chondrichthyes
Subklas: Elasmobranchii
Orde: Torpediniformes
Familie: Torpedinidae
Genus: Torpedo
Spesie: T. sinuspersici
Binomiale naam
Torpedo sinuspersici
Olfers, 1831
Verspreiding
Verspreiding

Die Marmer-drilvis (Torpedo sinuspersici) is 'n rog wat voorkom aan die ooskus van Afrika van die Rooi See tot by Koffiebaai. In Engels staan die rog bekend as die Marbled torpedo.

Voorkoms[wysig]

Die lyf is plat en rond (die pektorale vinne is groot en plat soos twee vlerke en vorm 'n geheel met die lyf) met die oë aan die bokant en die kieue aan die onderkant. Bo-op die stert is twee dorsale vinne. Bo-op die lyf langs die oë is twee organe wat 'n elektriese skok kan lewer - tot 220 volt. Die rog is roes bruin tot swart gevlek aan die bokant. Die rog word 1.3 m wyd oor die vlerke gemeet.

Habitat en gewoontes[wysig]

Die rog word gevind op sand bodems tot in 300 m diep water; ook in strandmere. Die rog is ovivivipaar met 9 - 22 kleintjies wat gebore word op 'n keer. Die Marmer-drilvis jag gewoonlik in die nag, 'n meter bo die bodem. Gedurende die dag lê die rog op die bodem bedek met sand en skok enige prooi dood.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Smale, M.J.. “IUCN 2008 Rooilys - Torpedo sinuspersici”. URL besoek op 2008-10-10.

Eksterne skakel[wysig]