Masaigesie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Masaigesie (Pseudagrion massaicum)
Masaigesie (mannetjie)
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Odonata
Familie: Coenagrionidae
Genus: Pseudagrion
Spesie: P. massaicum
Binomiale naam
Pseudagrion massaicum
Sjöstedt, 1909

'n Masaigesie (of Masai Sprite soos dit in Engels bekend staan),[2] is 'n waterjuffer, Pseudagrion massaicum, en behoort tot die familie van Coenagrionidae.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Liggaamslengte: 31-35 mm. Agtervlerklengte: 16.5–20.5 mm. Die kop en die toraks (bors) van mannetjies is dieselfde rooi kleur. Hulle het ook 'n baie duidelike helder-rooi merk in die vorm van 'n handgewig, agter die oë. Die masaigesie is ook die enigste Pseudagrion met helderoranje aan die kante van die toraks. Mannetjies het 'n kobaltblou abdominale punt.[2]

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Dit kom voor in Angola, Botswana, Comore, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ethiopië, Ghana, Kenia, Malawi, Namibië, Somalië, Suid-Afrika, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe, moontlik Burundi, en moontlik Guinee. Algemeen in groot dele van Suid-Afrika, behalwe in die Limpopo-provinsie, en selde hoër as 1300 m bo seevlak.[3]

Habitat[wysig | wysig bron]

Sit gewoonlik naby aan die water op lelies en grasstingels in poele en damme.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]