Maytenus
Voorkoms
Maytenus | |
---|---|
Maytenus boaria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Celastrales |
Familie: | Celastraceae |
Genus: | Maytenus Molina |
Spesies | |
Sien teks. | |
Sinonieme | |
Maytenus is 'n genus wat behoort tot die familie Celastraceae. Plante van die genus het nie dorings nie. Die blare is enkelvoudig en spiraalvormig gerangskik en die blomme is tweeslagtig. Die vrugte is byna rond en tot 10 mm in deursnee en bars oop wanneer hulle ryp is. Dan word sade ontbloot wat gedeeltelik of heeltemal met 'n dun oranje of wit doppie of aril bedek is.
Daar is 177 spesies wat tot die genus hoort.[2]
Suid-Afrikaanse spesies
[wysig | wysig bron]Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
- Duinekokoboom (Maytenus procumbens)
- Gryskokoboom (Maytenus albata)
- Kaapse kokoboom (Maytenus lucida)
- Kaapse swarthout (Maytenus peduncularis)
- Klipkershout (Maytenus oleoides)
- Kokoboom (Maytenus undata)
- Pondo-kokoboom (Maytenus oleosa)
- Pondosybas (Maytenus abbottii)
- Sybas (Maytenus accuminata)
- Watersybas (Maytenus cordata)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Maytenus. |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Genus: Maytenus Molina". Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture. 8 Februarie 2005. Besoek op 31 Augustus 2010.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:30088764-2
Bron
[wysig | wysig bron]- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8