Mei (Gorter gedig)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Herman Gorter soos geskilder deur Thérèse Schwartze

Mei is 'n gedig wat geskryf is deur die Nederlandse digter Herman Gorter en in 1889 gepubliseer is. Dit het Gorter se reputasie as digter van formaat gevestig en hom een van die voorste skrywers van die Tachtigers gemaak. Dit is een van die bekendste gedigte in die Nederlandse taal. Dit bestaan uit 4,381 lyne.[1]

Die openingslyne is van die bekendste literatuur in Nederlands:[1][2]

Nederlands Afrikaans
Een nieuwe lente en een nieuw geluid:
Ik wil dat dit lied klinkt als het gefluit,
Dat ik vaak hoorde voor een zomernacht
In een oud stadje, langs de watergracht.
'n Nuwe lente en 'n nuwe geluid:
Ek wil hê dat hierdie lied soos die gefluit klink,
Wat ek dikwels hoor op 'n someraand
In 'n ou stad, langs die watergrag.

Die gedig is gepubliseer in De Nieuwe Gids.[3]

Vertalings[wysig | wysig bron]

Die gedig is in verskeie tale vertaal soos onder meer:

  • Frans, vertaal deur Nicolas Ouwehand en gepubliseer in 2017
  • Wes-Fries, vertaal deur Klaas Bruinsma en gepubliseer in 1998

Eerbetoon[wysig | wysig bron]

  • In Maart 1989 het die munisipaliteit van Zaanstad 'n gedenkplaat aangebring by die geboortehuis van Gorter in Wormerveer (wat sedert 1974 'n onderdeel van die munisipaliteit uitmaak). Ter geleentheid hiervan en vanweë die feit dat die verskyning van Mei op 19 Maart 1989 herdenk is, het die munisipaliteit 'n boek gepubliseer "voor de leerlingen van de bovenbouw van het voortgezet onderwijs" getiteld Herman Gorter. Dichter en socialist.

Letterkunde[wysig | wysig bron]

  • Enno Endt, Herman Gorter documentatie 1864-1897. Amsterdam, 1986² (met op bl. 170 die aanhaling van 15 November 1888 deur Gorter aan Diepenbrock).
  • Marten Buschman, Hans Crum, Bram Hoogland, Herman Gorter. Dichter en socialist. [Zaandam, 1989].

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "1889: Mei: 'Een nieuwe lente en een nieuw geluid' | Koninklijke Bibliotheek". www.kb.nl. Koninklijke Bibliotheek. Besoek op 30 Maart 2020.
  2. "Gedicht Mei van Herman Gorter". Poëzie verrijkt het leven (in Nederlands). Poëzie verrijkt het leven. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  3. Vincent, Paul. "Herman Gorter: an introduction". www.poetryinternational.org (in Engels). Poetry International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 30 Maart 2020.

Mei op Wikisource