Groothertog Michail Aleksandrowitsj van Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Michail Aleksandrowitsj
Groothertog van Rusland
Mihail II.jpg
Groothertog Michail Aleksandrowitsj.
Dinastie Romanof
Volle naam Michail Aleksandrowitsj Romanof
Gebore 4 Desember 1878
Anitsjkof-paleis, Sint Petersburg, Russiese Ryk
Gesterf 13 Junie 1918
Perm, USSR
Voorganger Nikolaas II
Gade van Natalja Sergejewna Brassowa
Nakomelinge Georgi Michailowitsj Brassof
Vader Aleksander III
Moeder Prinses Dagmar van Denemarke

Groothertog Michail Aleksandrowitsj van Rusland (Russies: Михаил Александрович; 4 Desember 187813 Junie 1918) was die jongste seun van keiser Alexander III.

Teen die tyd van sy geboorte was sy oupa aan vaderskant (Alexander II) keiser. Michail was die vierde aanspraakmaker op die troon ná sy pa en ouer broers Nikolaas II en George. Ná die sluipmoord op sy oupa in 1881 word hy die derde aanspraakmaker en in 1894, ná die dood van sy pa, die tweede een. Sy broer George is in 1899 oorlede. Michail word dus die vermoedelike erfgenaam van die nuwe keiser, Nikolaas II. Die geboorte van Nikolaas se seun, Aleksei, in 1904 skuif Michail tydelik terug na tweede plek, maar Aleksei het hemofilie en daar word nie verwag hy sal lank lewe nie. Toe Nikolaas op 15 Maart 1917 namens homself en sy seun abdikeer, is Michail aangewys as sy opvolger. Michail het egter die aanvaarding van die troon uitgestel totdat dit deur ’n verkose vergadering bekragtig word. Hy is nooit as keiser gekroon nie en tydens die Russiese Rewolusie van 1917 is hy gevange geneem en op 13 Junie 1918 naby Perm vermoor.

Omdat hy nooit regeer het nie, word sy broer Nikolaas II beskou as die laaste de facto-keiser van Rusland. Michail het grootliks 'n vergete voetnoot van die geskiedenis geword. Historici verwys soms na hom as Michail II, die laaste keiser van Rusland.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Tsare en keisers van Rusland
Tsare Iwan IV (Iwan die Verskriklike)Fjodor IBoris GodoenofFjodor IIVals Dmitri IVals Dmitri IIWasili IVMichailAlekseiFjodor IIISofia Aleksejewna (regent) • Iwan V saam met Pieter I
Keisers Pieter I (Pieter die Grote)Katharina IPieter IIAnnaIwan VIElisabethPieter IIIKatharina II (Katharina die Grote)PaulAleksander INikolaas IAleksander IIAleksander IIINikolaas II
Groothertoë van Rusland
Aleksei PetrowitsjPieter IIPieter IIIPaulAleksander IKonstantyn PawlowitsjNikolaas IMichail PawlowitsjAleksander IIKonstantyn NikolajewitsjNikolaas NikolajewitsjMichail NikolajewitsjNikolaas AleksandrowitsjAleksander IIIWladimir AleksandrowitsjAleksei AleksandrowitsjSergei AleksandrowitsjPaul AleksandrowitsjNikolaas KonstantinowitsjKonstantyn KonstantinowitsjDmitri KonstantinowitsjWjatsjeslaf KonstantinowitsjNikolaas NikolajewitsjPieter NikolajewitsjNikolaas MichailowitsjMichail MichailowitsjGeorgi MichailowitsjAleksander MichailowitsjSergei MichailowitsjAleksei MichailowitsjNikolaas II • Aleksander Aleksandrowitsj • Georgi AleksandrowitsjMichail Aleksandrowitsj • Aleksander Wladimirowitsj • Kirill WladimirowitsjBoris WladimirowitsjAndrei WladimirowitsjDmitri PawlowitsjAleksei NikolajewitsjWladimir Kirillowitsj 1Michail Pawlowitsj 2Georgi Michailowitsj 2

1 Titel toegeken deur groothertog Kirill Wladimirowitsj as aanspraakmaker op die troon     2 Titel toegeken deur groothertog Wladimir Kirillowitsj as aanspraakmaker op die troon