Mielie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mielies
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Liliopsida
Orde: Poales
Familie: Poaceae
Genus: Zea
Spesie: Z. mays
Binomiale naam
Zea mays
L.
Zea mays "fraise"
Zea mays "Oaxacan Green"

Mielies is 'n graangewas wat eers in Meso-Amerika verbou is en daarna deur die Amerikaanse kontinente versprei het. Na Europa in die laat 15de en vroeë 16de eeu kontak met die Amerikas gemaak het, het mielies reg oor die wêreld versprei.

Gebruike[wysig]

Mielies word vandag vir verskeie doeleindes geplant. In die VSA en Kanada word mielies hoofsaaklik vir veevoer gebruik. Mielies as graan het ook baie industriële gebruike soos die verwerking na plastiek en materiaal. Wanneer reg behandel kan tot stroop uit ‘n mielie getap word. Tot graan whiskey word van die meervoudige plant gemaak. Etanol word gebruik om die konsentrasie alkohol af te bring (10% of minder) om in brandstowwe te gebruik. Die oktaanvlak daal in die geval en verlaag dan ook besoedeling. Mieliepap is stapelvoedsel vir baie lande soos Italië, Meksiko, die VSA en Suid-Amerika. Dit word adza, nshime, ugla en mieliepap in Afrika genoem.

Oorsprong[wysig]

Mielies is oorspronklik in Meso-Amerika aangeplant, waarna dit deur die res van Amerika versprei. Ná die Europeërs in die laat 15 de eeu vroeë 16 de eeu met Amerika en die inwoners kontak gemaak het, het dit oor die res van die wêreld versprei. Die Afrikaanse benaming vir die graan is afkomstig van die Middelnederlandse woord "milie", wat as "Turkse koring" omskryf is. Die Nederlandse vorm is weer afkomstig van die Portugese "milho", indirek verwant aan die Latynse "mille" ("duisende"), wat verwys na die groot aantal saadkorreltjies wat in die aar voorkom. Mielies is een van die eerste aangeplante genetiese gemodifiseer plantsoorte.

Daar is baie natuurlike vyande vir ‘n mielie bv. voëls, rotte en insekte.

Top mielieproduserende lande (2012)[wysig]

Mielieproduserende lande
Rang Land Miljoen metrieke ton
1 Vlag van Verenigde State VSA 273.83
2 Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 208.26
3 Vlag van Brasilië Brasilië 71.3
4 Vlag van Argentinië Argentinië 25.7
5 Vlag van Meksiko Meksiko 22.06
6 Vlag van Indië Indië 21.06
7 Vlag van Oekraïne Oekraïne 20.96
8 Vlag van Indonesië Indonesië 19.38
9 Vlag van Frankryk Frankryk 15.61
10 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 12.5

Sien ook[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.