Mignon du Preez

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Mignon du Preez
Volle naam Mignon du Preez
Gebore 13 Junie 1989 (1989-06-13) (29 jaar oud)
Pretoria, Suid-Afrika
Kolfstyl Regshandig
Rol Kolwer, paaltjiewagter
Enigste Toets (no 50) 16 November 2014 v Indië
EDI debuut (no 49) 22 Januarie 2007 v Pakistan
Laaste EDI 18 Julie 2017 v Engeland
EDI hempno. 22
T20I debuut (no 4) 10 Augustus 2007 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 3 Augustus 2016 v Ierland
T20I hempno. 17
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2003–tans Noordelikes
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse EDI T20I
Wedstryde 1 106 67
Lopies aangeteken 119 2767 1166
Kolfgemiddeld 59.50 32.94 22.42
100s/50s 1/0 2/12 0/6
Hoogste telling 102 116* 69
Aflewerings geboul 6 14 0
Paaltjies 0 - -
Boulgemiddeld - - -
5 paaltjies in 'n kolfbeurt - - -
10 paaltjies in 'n wedstryd - n/a n/a
Beste boulontleding - -
Vangskote/Stonkings -/– 25/– 16/–
Bron: ESPNcricinfo, 18 Julie 2017

Mignon du Preez (gebore 13 Junie 1989, Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat die SA-vrouespan se kaptein was in al 3 vorme van krieket: Toets, Eendag- en Twintig20 van 2011 tot 2016. As 'n regterhandse kolwer en instaan-paaltjiewagter, het du Preez in Januarie 2007 op die ouderdom van 17 haar debuut vir die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan gemaak.[1]

Benewens die feit dat sy die Suid-Afrikaanse speler met die meeste wedstryde as kaptein is in beide EDI[2] en Twintig20,[3] is sy ook die voorste lopiemaker vir Suid-Afrikaanse vroue in Twintig20[4] en die tweede hoogste in EDI.[5]

Op 21 Februarie 2016 het sy die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om 1 000 loopbaanlopies in T20I aan te teken, tydens 'n wedstryd teen Engeland.[6] Op 21 Junie 2016 het sy besluit om die Suid-Afrikaanse vrouekapteinskap op te se, nadat sy die span vir byna 5 jaar (sedert 2011) gelei het in een toets, 46 eendagwedstryde en 50 T20Is.[7][8]

Studie[wysig | wysig bron]

Sy studeer vir 'n graad in bemarking by die Universiteit van Pretoria.[9]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Suid-Afrika se huidige nasionale vrouekrieketspan

Dane van Niekerk [EDI- en T20-kaptein] - Trisha Chetty - Moseline Daniels - Shabnim Ismail - Marizanne Kapp - Ayabonga Khaka - Masabata Klaas

- Nadine de Klerk - Lizelle Lee - Suné Luus - Raisibe Ntozakhe - Mignon du Preez - Andrie Steyn - Chloe Tryon - Laura Wolvaardt

Wysig hierdie sjabloon
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.