Mikoyan-Gurevich MiG-3

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mikoyan-Gurevich MiG-3
MiG-3 at Mochishche.jpg
Gerestoureerde MiG-3 by 'n lugskou
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Mikoyan-Gurevich
Nooiensvlug 29 Oktober 1940
Hoofgebruikers Russiese Lugmag
Russiese Vloot
Aantal gebou 3 422

Die Mikoyan-Gurevich MiG-3 was 'n Russiese veg- en onderskepvliegtuig wat gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig is ontwikkel uit die Mikoyan-Gurevich MiG-1. Verbeterings aan die MiG-1 is: groter togafstand, beter beskerming en verbeterde bewapening. Die MiG-3 was beskikbaar vanaf April 1941 tesame met die MiG-1. Die een nadeel van die MiG-3 is dat dit meer doeltreffend was teen hoogtes bo 5 000 m. Sy spoed het egter verseker dat hy die Luftwaffe se vegters goed kon teenstaan.

Die vegvliegtuig was in April 1941 ontplooi op die front saam met die MiG-1 wat aanhou vervaardig ten spyte van sy swakhede. Die Russe het net gevoel dat alhoewel die MiG-1 half verouder is, is dit beter om hulle te ontplooi as om geen vliegtuie te ontplooi teen die Duitsers nie. Die MiG-3 was 'n moeilike vliegtuig om te vlieg maar sy spoed het verseker dat hulle kompeterend in die lug is. Produksie van die MiG-3 is gestaak in 1942, teen daardie tyd het die Luftwaffe se nuwe vegters die oorhand oor die MiG-3 gekry. Daar was altesaam 3,422 MiG-1 en MiG-3 vliegtuie vervaardig. Die vliegtuig is van die front verwyder en gebruik vir verkennings en ondersteunings vlugte.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Mikoyan-Gurevich MiG-3:
Item Statistiek
Aantal motore 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Mikulin AM-35A V-12 motor
Kraglewering per motor 1 350 perdekrag
Vlerkspan 10,2 m
Lengte 8,3 m
Hoogte 3,5 m
Vlerkoppervlakte 17,44 m2
Maks. opstygmassa 3 350 kg
Maks. snelheid 640 km/h
Operasionele hoogte 12 000 m
Togafstand 1,195 km
Klimvermoë 1,200m per minuut
Bewapening Een 12.7 mm en twee 7.62 mm masjiengewere in neus

en tot 200 kg bomme of vuurpyle onder vlerke


Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]