Miller, Oos-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Miller is ‘n verlate spoorwegdorp aan 'n grondpad tussen Willowmore en Klipplaat in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit van die Oos-Kaap.

Dit lê noordoos van Fullarton en noord van die Timbila-natuurreservaat. Suidwes van Miller is die Swanepoelspoort. Omdat die spoorlyn byna in onbruik verval het, het die dorpie ‘n spookdorp geword. Die Victoriaanse huise staan leeg en die strate is verlate.