Hottentotstompie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mimetes hottentoticus)
Jump to navigation Jump to search

Hottentotstompie
Mimetes hottentoticus 1DS-II 1-C4924.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. hottentoticus
Binomiale naam
Mimetes hottentoticus
E.Phillips & Hutch.

Die hottentotstompie (Mimetes hottentoticus) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom slegs voor by die piek van Kogelberg. Die struik is regop en word 3 m hoog en dra blomme van Januarie tot Mei met die hoogtepunt in Februarie.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die boonste gedeelte van hellings in veenagtige grond op hoogtes van 1 000- 1260 m. Hierdie plant is eers in 1922 ontdek.

In Engels staan dit as die Matchstick Pagoda bekend.

Galery[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]