Mini John Cooper Works WRC
Oorsig | |
---|---|
Kategorie | Wêreldtydrenmotor |
Vervaardiger | Prodrive |
Tegniese spesifikasies[1] | |
Onderstel | Versterkte bakwerk met 'n gesweisde veelpuntrolhok volgens FIA-regulasies |
Suspensie (voor) | MacPhersonstutte |
Suspensie (agter) | MacPhersonstutte |
Lengte | 4110 mm |
Breedte | 1820 mm |
Enjin | BMW Motorsport 1.6 L Voor I4 turbo-aangejaag |
Transmissie | Xtrac 6-gang sekwensiële handratkas voor- en agter meganiese selfsluitewenaar |
Massa | 1200 kg |
Bande | Michelin |
Kompetisiegeskiedenis | |
Span | Prodrive WRC-span Brazil World Rally Team, en andere |
Renjaers | Dani Sordo Kris Meeke Daniel Oliveira Armindo Araújo Chris Atkinson Paulo Nobre |
Debuut | 2011 Rally d'Italia Sardegna |
Die Mini John Cooper Works WRC is 'n tydrenmotor van die Duitse vervaardiger MINI. Die John Cooper Works neem sedert die 2011-seisoen deel aan die Wêreldtydrenkampioenskap, en word voorberei deur die Engelse Prodrive Racing,[2] wat voorheen sukses behaal het met die Subaru Impreza WRC.
Die WRC is gebaseer op die Mini Countryman en beskik oor 'n direkte-inspuiting 1.6 L turbo inlynviersilinderenjin.[3] Die WRC-enjin is ontwikkel deur BMW Motorsport vir gebruik in 'n verskeidenheid van motorsportreekse, insluitende die FIA Wêreldtoermotorkampioenskap.[4]
Hul bestuurders in 2011 was Kris Meeke en Daniel Sordo, laasgenoemde het van die fabriekspan van Citroën aangesluit.
Trivia
[wysig | wysig bron]Tydens die Dakar-tydren van 2012 het daar ook 'n paar Mini Countrymans deelgeneem. Die motors is egter nie dieselfde as die Countryman WRC nie, en was ingeskryf en voorberei deur die Duitse X-Raid-span.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Cooper Car Company
- Citroën DS3 WRC
- Ford Fiesta RS WRC
- Ford Focus RS WRC
- Hyundai i20 WRC
- Toyota Yaris WRC
- Volkswagen Polo R WRC
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ www.minimotorsport.com
- ↑ "Inside The Mini WRC". octanereport.com. 4 Februarie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Februarie 2011.
- ↑ Auto Express September 2010
- ↑ Mini WRC webblad
Wikimedia Commons bevat media in verband met Mini John Cooper Works WRC. |