Minority Front
Minority Front | |
MF | |
Leier | Shameen Thakur-Rajbansi |
---|---|
Gestig | November 1993 |
Hoofkwartier | Chatsworth, KwaZulu-Natal |
Internasionale affiliasie | Geen |
Amptelike kleure | Rooi, blou |
Webblad | www |
Die Minority Front is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die eerste leier was Amichand Rajbansi tot by sy dood op 29 Desember 2011. Alhoewel die party voorhou om minderheidsgroepe in Suid-Afrika te verteenwoordig kom steun vir die party hoofsaaklik uit die Indiërgemeenskap in Suid-Afrika. Die party se grootste steunbasis is in KwaZulu-Natal, veral in Durban wat die kulturele en demografiese sentrum van Suid-Afrika se Indiërgemeenskap is.
Die party is in November 1993 gestig as opvolger van die National People's Party wat in die destydse Driekamerparlement gedien het. Hulle behaal 0,07% van die stemme tydens die eerste volledig demokratiese parlementsverkiesing van April 1994. Tydens die verkiesing van 1999 bekom hulle hul eerste parlementêre setel.
Na Rajbansi se dood is sy weduwee, Shameen Thakur-Rajbansi in Januarie 2012 as leier aangewys.[1] Dit gee aanleiding tot 'n familie- en leierskap-twis. Rajbansi se seun (Vimal) en sy eerste vrou (Asha Devi Rajbansi) vra haar om as leier te bedank. Roy Bhoola word daarna tydens 'n wegbreek-konferensie as leier aangewys, maar dit hou nie lank water nie.[2][3]
Verkiesingsresultate
[wysig | wysig bron]Nasionale verkiesings
[wysig | wysig bron]Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019 | 11,961 | 0.07 | 0 |
2014 | 22,589 | 0.25 | 0 |
2009 | 43,474 | 0.25 | 1 |
2004 | 55,267 | 0.35 | 2 |
1999 | 48,277 | 0.30 | 1 |
1994 | 13,433 | 0.07 | 0 |
Munisipale verkiesings
[wysig | wysig bron]Verkiesing | Stemme | % |
---|---|---|
2016 | 13,407 | 0.03% |
2011 | 113,195 | 0.4% |
2006 | 84,785 | 0.3% |
2000 | 0.3% |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2013. Besoek op 1 Desember 2013.
- ↑ http://www.thepost.co.za/minority-front-factions-causes-friction-1.1371623
- ↑ http://www.iol.co.za/news/politics/rajbansi-is-ousted-as-head-of-minority-front-1.1425642
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- (en) Minority Front Geargiveer 17 Junie 2010 op Wayback Machine (Amptelike webwerf)