Mkuzerivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Annals of the South African Museum - Annale van die Suid-Afrikaanse Museum (1976) (18228849070), crop.jpg

Die Mkuzerivier (ook Mkhuzerivier, uMkhuzerivier) is 'n standhoudende rivier wat in die noorde van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika vloei.

Hierdie rivier ontspring 25 km oos van Vryheid op 'n hoogte van 1500 m bo seespieël. Dit vloei ooswaarts deur die Amakhosi-natuurreservaat, oor die Mkhuze-waterval, verby die dorp Mkhuze, deur die Lebomboberge en die noordelike dele van die Mkhuzi-natuurreservaat en die iSimangaliso-vleilandpark. Daarna mond dit uit in die St. Luciameer by koördinate 27°52′55.31″S 32°28′56.5″O / 27.8820306°S 32.482361°O / -27.8820306; 32.482361.

Net wes van die dorp Mkhuze en by die Mkhuze-waterval is daar besproeiingskanale. Op die oewers word met suikerriet geboer.