Moedertjie
Moedertjie | |
---|---|
Regisseur | Joseph Albrecht |
Draaiboek | J.F.W. Grosskopf (draaiboek) |
Met | Stephanie Faure Joan du Toit Jean Plaat-Stultjes Carl Richter Pierre de Wet |
Uitgereik | 1931 |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Moedertjie is 'n swart en wit rolprent wat in 1931 uitgereik is. Die rolprent is saam met Sarie Marais een van die eerste twee Suid-Afrikaanse rolprente met klank (beide in Afrikaans). Die rolprent is ook die eerste vollengte-rolprent met Afrikaanse dialoog. Die ander rolprent, Sarie Marais, is dieselfde jaar uitgebring, maar bevat slegs Afrikaanse musiek.[1] Die rolprente volg vier jaar na die eerste internasionale klankfilm, "The Jazz Singer", in 1927 vrygestel is.
Pierre de Wet is vir sy spel in die rolprent met die eerste Afrikaanse rolprentprys bekroon - 'n erepenning van die destydse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns.[2]
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Stephanie Faure as "Moedertjie"
- Pierre de Wet as die seun
- Jean Plaat-Stultjes as die ou oom
- Joan du Toit as die meisie
- Carl Richter as die konstabel
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die rolprent is gebaseer op J.F.W. Grosskopf se toneelstuk, "In die wagkamer", wat handel oor gebeure in 1914 toe 'n groep jong Afrikaners van die platteland na die stad getrek het om na 'n beter lewe te soek.
Moedertjie en haar man reis per trein na Maraisburg om na hulle seun, Hendrik, te gaan soek wat die afgelope twee jaar nog nie huis toe geskryf het nie. Hulle kom na donker op die stasie aan en moet die nag in die wagkamer deurbring waar hulle vreemdelinge ontmoet, elk met sy eie verhaal van hartseer. Almal vind waarna hulle soek: 'n kind, 'n verlore liefde, vryheid en aanvaarding, maar nie soos hulle daarvoor gehoop het nie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 116 jaar van Afrikaanse flieks, Nuus24, 1 Julie 2011.
- ↑ Pierre de Wet was 'n ware pionier, Beeld, 29 Junie 1990