Nazier Paulsen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mogamad Nazier Paulsen)
Jump to navigation Jump to search
Nazier Paulsen

Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Mei 2015

Ampstermyn
21 Mei 2014 – Mei 2015

Persoonlike besonderhede
Gebore Mogamad Nazier Paulsen
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Ekonomiese Vryheidsvegters

Mogamad Nazier Paulsen is 'n Wes-Kaapse lid van die Nasionale Vergadering vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF). Hy was voorheen lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement.[1]

Vroeë lewe en onderwys[wysig | wysig bron]

Nazier Paulsen en sy gesin was deel van die anti-apartheidsbeweging. Paulsen was 'n lid van die Verenigde Demokratiese Front.[2] Hy het 'n BCom-honneursgraad en 'n nagraadse diploma in verspreide stelsels aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Paulsen het na sy studies as 'n dosent vir inligting en tegnologie aan die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie gewerk. Paulsen was ook voorsitter van beide die Mitchells Plain Community Development Corporation en die South African Progressive Civic Organisation (SAPCO).[3]

Paulsen het in 2013 by die Ekonomiese Vryheidsvegters aangesluit. Hy was die party se Wes-Kaapse premierskandidaat vir die 2014-verkiesing. Die EFF het een setel in die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement verower en Paulsen het daardie setel op 21 Mei 2014 gevul.[4][5]

In Mei 2015 het die EFF hom na die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika aangewys. Bernard Joseph het hom as die party se verteenwoordiger in die Provinsiale Parlement opgevolg. Paulsen is in Mei 2019 tot 'n tweede termyn as parlementslid herkies.[3][6][7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. EFF MP allegedly can’t wait to ‘moer’ the BLF in parliament, The Citizen, 8 May 2019. Retrieved on 16 August 2019.
  2. Mr Nazier Paulsen (EFF), People's Assembly, 15 January 2018. Retrieved on 16 August 2019.
  3. 3,0 3,1 Nazier Paulsen and Hlayiseka Chewane sworn in as MPs - EFF, Politicsweb, 3 June 2015. Retrieved on 16 August 2019.
  4. Felix, Jason. EFF names W Cape candidates, Cape Town, IOL, 25 March 2014. Retrieved on 16 August 2019.
  5. EFF leader to give rivals ‘sleepless nights’ in legislature, IOL, 9 May 2014. Retrieved on 16 August 2019.
  6. Makhafola, Gertrude. New EFF MPs sworn in, Cape Town, IOL, 3 June 2015. Retrieved on 16 August 2019.
  7. Ntsabo, Mihlali. New EFF MPs sworn in, EWN, 22 May 2019. Retrieved on 16 August 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]