Mongools

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mongolies)
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die taal in Oos-Asië. Vir die etniese groep, sien Mongole.
Mongools
Монгол хэл Mongol khel
Monggol kele.svg Mongɣol kele
Gepraat in: Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina
Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Oos-Asië
Totale sprekers: 6 miljoen[1] 
Rang: 13
Taalfamilie: Altaïes (omstrede)
 Mongools
  Sentraal-Mongools
   Mongools 
Skrifstelsel: Mongoolse skrif
Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina
Gereguleer deur: Vlag van Mongolië Staatstaalraad[2]
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Taal- en Letterkunderaad[3]
Taalkodes
ISO 639-1: mn
ISO 639-2: mon
ISO 639-3: mon 
Verspreiding van Mongools
Die woord "Mongol" in verskeie skryfstelsels: 1. tradisioneel, 2. vouskryf, 3. Phagpa, 4. eenvoudige teks, 5. Mantsjoe, 6. Sojombo, 7. horisontale vierkante skryf, 8. Cyrillies

Mongools (in Mongoolse skrif: Monggol kele.svg, Mongɣol kele; in Cyrilliese alfabet: Монгол хэл, Mongol khel) is 'n Altaïese taal wat deur sowat 6 miljoen mense in Mongolië (Buite-Mongolië) en die Sjinese outonome gewes van Binne-Mongolië gepraat word. Dit is die mees verspreide van die Mongoolse tale en nou verwant aan Boerjaties en Kalmikies wat in Rusland gepraat word. Mongools is die amptelike taal van beide Mongolië en die Sjinese outonome gewes van Binne-Mongolië.

Mongools word in in verskeie skryfstelsels geskryf: In Mongolië word die Cyrilliese alfabet gebruik, terwyl in die Volksrepubliek van Sjina die tradisionele Mongoolse skrif gebruik word.[4] Die voormalige Volksrepubliek van Mongolië het in die 20ste eeu die Cyrilliese alfabet van sy bondgenoot, die destydse Sowjetunie, oorgeneem en aangepas. Dit word nog steeds in Mongolië asook vir ander Mongoolse tale in Rusland soos Boerjaties en Kalmikies gebruik.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Mongolian”. Ethnologue. URL besoek op 5 Oktober 2015.
  2. Törijn alban josny helnij tuhaj huul'”. MongolianLaws.com: 15 Mei 2003. URL besoek op 27 Maart 2009.
  3. "Mongγul kele bičig-ün aǰil-un ǰöblel". Sien Sečenbaγatur et al. 2005: 204.
  4. (en) Minglang Zhou: Multilingualism in China: The Politics of Writing Reforms for Minority Languages 1949–2002, bl. 294, Walter de Gruyter, Google Books

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Mongools