Montagu vexator

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Montagu vexator
Vexatorella obtusata obtusata Linkie 1.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
V. obtusata
Binomiale naam
Vexatorella obtusata
(Thunb.) Rourke

Die Montagu vexator (Vexatorella obtusata obtusata) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Vexatorella behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom in die Hexrivierberge, Bokkerivierberge, Keeromsberg en Kwadouwberge tot by die Langeberg by Koo asook die Waboomsberg voor. Die struik is dig en word to 2.0 m in deursnee. Die struik blom van September tot Desember.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in droë fynbos in sandsteengrond op hoogtes van 300 - 1 800 m.

In Engels staan dit as die Montagu Vexator bekend. Daar is 'n subspesie: Witteberg vexator.

Galery[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]