Montenegro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Црна Гора
Crna Gora
Montenegro
Vlag van Montenegro Wapen van Montenegro
Vlag Wapen
Volkslied: Ој, свијетла мајска зоро
(tr.: Oj, svijetla majska zoro)
(Montenegryns vir: "O, jy helder dagbreek in Mei")
Ligging van Montenegro
Hoofstad Podgorica

42°47′N 19°28′O / 42.783°N 19.467°O / 42.783; 19.467

Grootste stad Podgorica
Amptelike tale Montenegryns[1]
Regering Parlementêre republiek
Filip Vujanović
Duško Marković
Onafhanklikheid
Vorming
• Duklja word vasal van
die Bisantynse Ryk
• Semi-onafhanklike
hertogdom Duklja (Doclea)
• Prinsdom van Zeta
erkenning
• Onafhanklike hertogdom gestig
• Onafhanklike hertogdom herstig
• Prinsdom gestig
• Erkenning deur die
Ottomaanse Ryk
• Koninkryk verkondig
• Stigting van Joego-Slawië
• Onafhanklikheid van
Serwië en Montenegro



6de eeu

9de eeu

1077
1356
1441
1 Januarie 1852

3 Maart 1878
28 Augustus 1910
1 Desember 1918

3 Junie 2006
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
13 812 km2  (161ste)
5 332 myl2
1,5
Bevolking
 - 2017-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
678 931[2] (164ste)
620 029
45 / km2 (121ste)
116 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$10,913 miljard[3]
$17 383[3] (74ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$4,483 miljard[3]
$7 141[3] (60ste)

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,807[4] (49ste)  –  hoog
Gini (2013) 26,2[5](136ste) –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .me
Skakelkode +382

Montenegro (Montenegryns: Crna Gora / Црна Гора, uitgespreek [t͡sr̩̂ːnaː ɡɔ̌ra] , letterlik: "Swart Berg") is 'n land geleë in Suidoos-Europa. Dit het 'n kus aan die Adriatiese See in die suide en begrens Kroasië in die weste, Bosnië en Herzegowina in die noordweste, Serwië in die noordooste en Albanië in die suidooste. Die hoofstad en grootste is Podgorica. Dit is 'n voormalige deelrepubliek van Joego-Slawië.

Nasa-Satellietbeeld van Montenegro
Kaart van Montenegro

Nadat dit van die laat Middeleeue tot 1918 onafhanklik was, word die land later deel van die verskeie weergawes van Joego-Slawië en die staat-unie van Serwië en Montenegro. Op grond van die uitslag van 'n referendum gehou op 21 Mei 2006 verklaar Montenegro op 3 Junie 2006 sy onafhanklikheid. Op 28 Junie word Montenegro die 192ste lidland van die Verenigde Nasies.[6] Op 5 Junie 2017 het Montenegro die 29ste lidland van die NAVO geword.[7]

Naam[wysig | wysig bron]

Montenegro se plaaslike naam, Crna Gora, is vir die eerste keer genoem in 'n charter van Sint Nicholaas Klooster (Vranjina) wat deur die Serwiese koning Milutin in 1296 uitgevaardig is en letterlik vertaal kan word na "swart berg", 'n verwysing na die donker woude wat eens op 'n tyd die hange van die Dinariese Alpe bedek het soos van die kus af gesien.[8] Die land se naam in die meeste Wes-Europese tale dui op die anneming van die Venesiaanse term vec|monte negro, wat ook "swart berg" beteken, wat waarsnkynlik terug dateer tot die era van die Venesiese heerskappy oor die gebied in die Middeleeue. Ander tale, veral die wat nabygeleë is, gebruik hulle eie direkte vertaling van die term, byvoorbeeld Albanees: Mali i Zi, Bulgaars: Черна гора; Roemeens: Muntenegru, Grieks: Μαυροβούνιο en Turks: Karadağ; "swart berge" van verder weg sluit in Russies: Черногория en Sjinees: 黑山 (pinyin: "hēishān"[9]).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) (19 Oktober 2007) “Language and alphabet Article 13”, Constitution of Montenegro. WIPO. Besoek op 5 Junie 2017. 
  2. (en) Statistical Office of Montenegro. Release The estimate of number of population and demographic indicators 2015”. 30 Mei 2017. URL besoek op 5 Junie 2017.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Montenegro”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 5 Junie 2017.
  4. (en) 2014 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2015. URL besoek op 5 Junie 2017.
  5. (en) Distribution of family income - Gini index
  6. (en) Member States”. URL besoek op 5 Junie 2017.
  7. (en) Montenegro to Join NATO on June 5”. The Wall Street Journal: 25 Mei 2017. URL besoek op 5 Junie 2017.
  8. (en) Geography
  9. die letterlike vertaling word op die vasteland gedeelte van Sjina en in Hongkong gebruik; Taiwannese Mandaryns gebruik 蒙特內哥羅 "méngtènèigēluó", 'n fonetiese transkripsie van "Montenegro"

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]