Gewone kwikkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Motacilla capensis)
Jump to navigation Jump to search

Gewone Kwikkie
Motacilla capensis -Fish River Canyon, Namibia-8.jpg
Gewone Kwikkie in Namibië.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. capensis
Binomiale naam
Motacilla capensis
Linnaeus, 1766
Motacilla capensis, verspreidingskaart met subspp, a.png
Verspreiding, met subspesies aangedui:

██ Motacilla capensis subsp. wellsi ██ Motacilla capensis subsp. simplicissima ██ Motacilla capensis subsp. capensis

Die Gewone kwikkie (Motacilla capensis) is 'n klein voëltjie in die familie Motacillidae, wat kwikstertjies, koesters en kalkoentjies insluit. Die spesie kom oor die grootste gedeelte van Suider-Afrika voor, vanaf Angola en Kenia tot in Suid-Afrika.

Die Gewone kwikkie is 'n insekvretende voël wat hoofsaaklik in die oop veld, maar ook in beboude gebiede voorkom. Dit verkies onbeboste gebiede met kort gras waar dit sy prooi kan sien en jaag. In stedelike gebiede is dit aangepas om kos te soek in tuine en op geplaveide areas.

Die spesie soek energiek na insekte op die grond met 'n kenmerkende dobberende beweging van die stert. Voeding is dikwels naby water, insluitend tuindamme. Dit sal paddavisse of klein vissies eet indien die geleentheid hom voordoen.

Die broeipaartjies maak nes in natuurlike skeure en mensgemaakte strukture. Die wyfie lê 1 tot 5 eiers wat deur beide ouers vir 14 dae gebroei word.

Die Gewone kwikkie is 'n klein voëltjie, ongeveer 20 cm in lengte. Dit word gekenmerk aan die langerige, voortdurend wippende stert van die genus. Die volwassene is grysbruin, afgesien van ligte vlerkrante en 'n kort wit wenkbrou. Dit het 'n ligter borskant, met 'n donkergrys band oor die bors. Jong voëls is valer en het 'n geel onderkant.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2012). "Motacilla capensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. 

Sien ook[wysig | wysig bron]