Gaan na inhoud

NGC 3242

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
NGC 3242
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop (HRT) van die kernstreek van NGC 3242 (HRT/Nasa/ESA).
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop (HRT) van die kernstreek van NGC 3242 (HRT/Nasa/ESA).
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Noordelike Waterslang
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 10h 24m 46.1s
Deklinasie -18° 38′ 32.6″
Skynmagnitude (m) 8,60
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 4 800 ± 500 ligjare
Skynbare grootte 25 boogminute
Ander name
Spook van Jupiter, Oognewel, Caldwell 59
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

NGC 3242 (ook bekend as die Spook van Jupiter of die Oognewel) is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. William Herschel het dit op 7 Februarie 1785 ontdek. John Herschel het dit in die 1830's van die Kaap die Goeie Hoop, Suid-Afrika, waargeneem en in die General Catalogue van 1864 as GC 2102 opgeneem. Dit het NGC 3242 geword in J.L.E. Dreyer se New General Catalogue van 1888.

NGC 3242 word meestal die "Spook van Jupiter" genoem vanweë sy soortgelyk vorm as die planeet, maar dit word ook soms die "Oognewel" genoem.[1] Die planetêre newel is sowat twee ligjare lank en bevat 'n sentrale witdwerg met 'n skynbare magnitude van 11. Die binneste lae van die newel is sowat 1 500 jaar gelede gevorm.[2] Die twee punte van die newel word gekenmerk deur lobbe van vinnig bewegende gas wat dikwels rooi gekleur word in valskeurfoto's.[3]

NGC 3242 kan maklik deur amateurteleskope gesien word en lyk vir die meeste waarnemers blougroen. Groot teleskope kan ook die buitenste halo onderskei.[4]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Frommert, Hartmut. "NGC 3242". SEDS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2014. Besoek op 22 Junie 2014.
  2. Mobberley, Martin (2009). The Caldwell Objects and How to Observe Them. New York: Springer Science+Business Media, LLC. p. 128. ISBN 978-1-4419-0326-6.
  3. "NGC 3242, Ghost of Jupiter". ESA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2014. Besoek op 22 Junie 2014.
  4. "The Ghost of Jupiter". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2009. Besoek op 25 Februarie 2010.

Skakels

[wysig | wysig bron]