NG gemeente Floridapark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die NG gemeente Floridapark was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Die gemeente is gestig in 1959. Die kerkgebou is geleë by Daniël Malanlaan 70, Florida, Gauteng. In 2013 was die leraar ds. D. Louw. Daar was in daardie jaar 30 doop- en 302 belydende lidmate, vergeleke met onderskeidelik 140 en 587 einde 1994. In 2015 het dit afgeneem tot 15 en 178, toe die gemeente ook vakant was.

Floridapark word einde Februarie 2016 ingelyf word by die NG gemeente Constantiakruin, waarna die kerkgebou 'n bedieningspunt van dié gemeente word.

Bron[wysig | wysig bron]

  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

In en om die kerkgebou[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]