Gaan na inhoud

NZASM 40 Tonner 0-6-2T

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
NZASM 40 Tonner 0-6-2T
CSAR Class A 0-6-2T

40 Tonner no. 50 S.W. Burger, Komatipoort, c. 1895
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper Maschinenfabrik Esslingen
Vervaardiger Maschinenfabrik Esslingen
Serienommer Esslingen 2436-2445, 2480-2489
Klas NZASM 40 Tonner
CSAR Class A
Vervaardig 1891-1892
Aantal gebou 20
Bouspesifikasies
Konfigurasie 0-6-2T (Branchliner)
Spoorbreedte 1 067 mm (3 vt 6 dm) (Kaapspoor)
Gekoppelde wiele 1300 mm
Agterwielomtrek 800 mm
Wielbasis 5750 mm
Hoogte 3768 mm
Asbelasting 10,14 t
Massa op dryfwiele 30,42 t
Lokomotiefmassa 40,17 t
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 2,6 t
Waterkapasiteit 6930 L
Stoomketeldruk 1130 kPa
Vuurroosteroppervlak 1,52 m2
Vuurkastipe Round-top
78,5 m2
– Vuurkas 9,4 m2
87,90 m2
Silinders Twee
Silindergrootte 430 mm bore
630 mm stroke
Klepwerk Heusinger
Klepsoort Murdoch's D slide
Koppelsisteem Johnston skakel-en-pen
Werkverrigting
Trekkrag 74,32 kN @ 75%
Diensgeskiedenis
Gebruiker NZASM
Selati Spoorweë
Imperial Military Railways
Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë
Aantal in klas 20
Vlootnommer(s) NZASM 41-60, CSAR 1-19
Afleweringsdatum 1892-1893
Eerste tog 1892

Die NZASM 40 Tonner 0-6-2T stoomlokomotief is 'n Suid-Afrikaanse tenklokomotief van die einde van die negentiende eeu. Twintig van hierdie lokomotiewe is deur die Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) bestel en gebruik. Aangesien NZASM se lokomotiewe volgens hul gewig geklasifisieer is, is hierdie lokomotief as die "40-tonner" bekend.[1]

Met die voltooing van die Komatipoortbrug het die Delagoabaaispoorlyn Komatipoort op 1 Junie 1891 bereik. Tien lokomotiewe was reeds vanaf Maschinenfabrik Esslingen in Duitsland bestel, al was die res van die spoorlyn steeds in aanbou. Nog tien lokomotiewe is later in dieselfde jaar bestel. Dertien lokomotiewe is in daardie jaar afgelewer en die res volg in 1892. Elke lokomotief het 'n naam en ook 'n nommer gekry. Die spoorlyn tussen die Kaap en Pretoria is op 1 Januarie 1893 voltooi en die Delagoabaaispoorlyn is op 20 Oktober 1894 voltooi.[2]

Na die Tweede Vryheidsoorlog is negentien lokomotiewe aan die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) oorgedra. Met die stigting van die Suid-Afrikaanse Spoorweë is hierdie lokomotiefklas as verouderd verklaar.[2]

Die besonderhede van alle NZASM/CSAR se 40-tonners volg hieronder.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 (en) Holland, D.F. (1971). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 1: 1859–1910 (1st uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 113–114, 116, 121, 126. ISBN 978-0-7153-5382-0.
  2. 2,0 2,1 (en) Hart, George, red. (1978). The South African Railways - Historical Survey. Bill Hart (Sponsor Dorbyl Bpk.). pp. 20, 22–23.