Namibe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Namibe
(voorheen Moçâmedes)
Die strand van Namibe
Die strand van Namibe
Ligging van Namibe op 'n kaart (Angola)
Namibe
Namibe
Koördinate: 15°9′S 12°12′O / 15.150°S 12.200°O / -15.150; 12.200Koördinate: 15°9′S 12°12′O / 15.150°S 12.200°O / -15.150; 12.200
Land Vlag van Angola Angola
Provinsie Namibe
Stigting 1840
Bevolking (2010)
 - Dorp 92 609

Namibe (voor 1985, Moçâmedes) is die hoofstad van die Namibe-provinsie in Angola. Die stad het 'n bevolking van 92 609 in 2010 gehad.[1] Namibe het 'n koel, droë klimaat en woestynplantegroei as gevolg van sy nabyheid aan die Namibwoestyn.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

'n Verskeidenheid rotstekeninge en ander vondse dui op 'n prehistoriese nedersetting in Namibe.[2]

Die dorp is in 1840 gestig deur Portugese kolonialiste. Die stigter van die stad word beskou as Bernardino Freire de Figueiredo Abreu e Castro van die Portugese gebied Trás-os-Montes, wat die dorp geskep het met veral Portugese setlaars uit die Brasiliaanse Pernambuco.

Tot 1985 het dit die Portugese pleknaam Moçâmedes (ook Mossamedes geskryf) gedra.

Bestuur[wysig | wysig bron]

Namibe is die setel van 'n gelyknamige distrik (Municipio) in die provinsie Namibe, Namibe is ook die hoofstad hiervan. Die distrikskomitee bestaan uit drie munisipaliteite (Comunas):

  • Bentiaba
  • Lucira
  • Namibe

Vervoer[wysig | wysig bron]

Die hawe van Namibe in 2009

Namibe is naas Luanda en Lobito die derde grootste hawe in die land. Namibe is die beginpunt van die Namibe-hoofweg. Die vliegveld is in 1978 na die Russiese ruimtevaarder Joeri Gagarin vernoem, en die lughawe is heropen nadat omvattende opknappingswerk in September 2013 voltooi is.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]