Nando's

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nando's
Nandos logo.svg.png
Tipe Privaatbesit
Gestig 1987, Rosettenville
Hoofkantoor Johannesburg, Suid-Afrika Takke ook oorsee
Sleutelpersone Fernando Duarte en
Robert Brozin
Gebied bedien Ongeveer 1000 restaurante in 30 lande
Industrie Informele uiteet en wegneem
Produkte Braaihoender en verwante Portugese geregte
Bedryfsinkomste VS$ 650 miljoen in 2012
Webwerf nandos.com

Nando's is 'n restaurantgroep met 'n Portugese/Mosambiekse tema wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Die groep is in 1987 gestig en doen sake in 26 lande op vyf kontinente.[1] Nando's spesialiseer in hoendergeregte met 'n suurlemoen-en-speserye, medium, warm of ekstra warm peri-peri marinade.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Nando's restaurant in die Canal Walk-inkopiesentrum, Kaapstad

Nando's het in September 1987 vir sake geopen in Johannesburg, Suid-Afrika. Die eerste Nando's restaurant is geopen toe Robert Brozin en Fernando Duarte die Chickenland-restaurant in Rosettenville, 'n voorstad van Johannesburg, gekoop het. Die naam Nando's verwys na Fernando. Die Portugese kultuur en eetgewoontes is na Johannesburg versprei toe Portugese hul daar gevestig het op soek na goud.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Nando's in Lahore, Pakistan.
  1. Nando’s blazes into the US, Janine Erasmus, 17 Julie 2008

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]