Nar-coris

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Nar-coris
Coris aygula Prague 2011 3.jpg
Onvolwasse vis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Cuvier, 1816
Genus:
(Lacépède, 1801)
Spesie:
C. aygula
Binomiale naam
Coris aygula
Lacepède, 1801
Sinonieme
  • Labrus aureomaculatus
  • Labrus cingulum
  • Julis ruppelii
  • Julis gibbifrons
  • Julis semipunctatus
  • Julis coris
  • Coris cyanea
  • Coris variegata
  • Coris imbris

Die Nar-coris (Coris aygula) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Clown coris.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 70 cm lank. Die vis ondergaan kleur variasies veral tussen groei fases. Die onvolwasse vissie se lyf is wit aan die voorkant en liggrys aan die agterkant met twee groot, halfsirkel oranje kolle op die rug met 'n swartkol met 'n witrand kol bo elke oranje kol op die dorsale vin. Die volwasse wyfies het wit kruis wat die ligte voorkant van die lyf met die donkergrys agterkant skei. Volwasse mannetjies ontwikkel ook 'n groot knop op die voorkop en is donker blou-groen met een of twee groen kruise op die lyf.

Hulle leef in rots kus areas en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 50m diep is. Hulle verkies sanderige areas in die riwwe. Die onvolwasse visse word ook in tussengety poele gevind. Die visse is alleenlopers en begraaf hulle self wanneer gevaar dreig. Hulle vreet hardedop ongewerweldes.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]