Naxos Plate-etiket

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Naxos Records
Plate-etiket
Tipe
Gestig 1987
Hoofkantoor Hong Kong
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMusikale vermaak
MoedermaatskappyHNH International[1]
Webwerfnaxos.com

Naxos is 'n plate-etiket wat spesialiseer in klassieke musiek. Naxos stel deur 'n aantal handelsmerke ook Chinese musiek, jazz, wêreldmusiek en vroeë rock & roll vry. Die maatskappy was in 1987 deur Klaus Heymann , naamlik 'n Duits-gebore inwoner van Hong Kong, gestig.[2] Sedert 2009 versprei Naxos ook Blu-ray, en het die maatskappy ook 'n webradio, en potgooie. Naxos laat die lede van ingeskrewe openbare biblioteke en musiekskole, soos die Hong Kongse Openbare Biblioteke, Aucklandse Biblioteke, Wellington Stadsbiblioteke en Toronto Openbare Biblioteek toe om gratis klassiek musiek uit Naxos se katalogus van die web af te stroom, asook jazz versamelings.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die maatskappy is bekend om pryse wat die verbruiker se sak pas,[3] met eenvoudiger kunswerk en -ontwerpe as die meeste ander plate-etikette.[4] In the 1980s het Naxos meestal opnames van Sentraal- en Oos-Europese simfonieorkeste gemaak; dikwels saam met minder bekende dirigente, sowel as ontluikende en onbekende musikante, ten einde die koste van opnames laag te hou en so sy sakpas-pryse te onderhou.

In meer onlangse jare het Naxos begin voordeel trek uit die vervallende Kopiereg van ander maatskappye se ateljee opnames, deur plate te verkoop wat verwerkings is van Grammofoon opnames. Voorbeelde sluit die volledige opnames van operasangers soos Enrico Caruso, Amelita Galli-Curci, en Titta Ruffo in, en die 1934 wêreldpremier opvoering van Howard Hanson se opera Merry Mount (opera). Regsbeperkings het verhoed dat sommige van hierdie opnames verkoop kon word in die VSA. Naxos het ook die werke van kontemporêre komponiste soos Leonardo Balada, Bechara El Khoury, Laurent Petitgirard, en Alla Pavlova begin verkoop. Die etiket het mettertyd uitgebrei na jazz, wêreldmusiek, en boeke oor musikale onderwerpe. Die Naxos Gesproke Woord Biblioteek bevat ook nie-musikale produkte, soos luisterboeke en radiodramas.[5]

Sedert die 1990s, het Naxos opnames gemaak met Britse en Amerikaanse orkeste soos die Bournemouth Simfonieorkes, die Seattle Simfonieorkes, die Buffalo Filharmoniese orkes, en die Milwaukee Simfonieorkes.

Die maatskappy produseer Super Audio CD's, DVD-Audio, en Blu-ray diskette. In 2003 het dit 'n betaalde inskrywingsdiens begin vir die luister van musiek op die Internet. Dit bied Naxos se volledige katalogus aan asook die Naxos Musiekbiblioteek.[6] In 2015 het dit 'n hoë-definisie aflaai en klassieke-opname diens begin, te wete ClassicsOnline HD•LL, met 'n katalogus wat opnames van 'n aantal ander klassieke plate-etikette bevat.[7]

Besigheidsmodel[wysig | wysig bron]

Naxos vermy oor die algemeen duplikasie van repertoire. Daarom het die maatskappy sy repertoire uitgebrei om onkonvensionele werke in te sluit soos die simfonieë van Nikolai Myaskovski, kontemporêre klassieke musiek, en die werke van minder bekende komponiste soos Aleksander Glazounov en Louis Spohr. Dit het 'n reeks geproduseer van minder bekende werke, soos die Amerikaanse Klassieke reeks, Kanadese klassieke reeks, Japannese klassieke musiek, Joods-Amerikaanse musiek, blaasinstrument groepe, rolprentmusiek, en vroeë musiek, baie waarvan première opnames is.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Naxos Global Logistics, geleë in Poing, Beiere naby München, was gestig in 2008[8] ten einde die dienste wat gebied word aan sy etikette uit te brei, insluitende vervaardiging, bemarking en lisensiëring.[9]

Pryse[wysig | wysig bron]

In 2005 het Naxos die Plate-etiket van die Jaar Toekenning ontvang[10] by die Classic FM/Gramophone-toekennings.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Who is HNH? Naxos Classical
  2. Anson, Philip (2 September 2002). "Naxos at 15: An Interview with Klaus Heymann". www.scena.org. Besoek op 21 November 2018. 
  3. "WQXR interview with Naxos Records founder Klaus Heymann". New York Public Radio. 25 November 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 13 November 2016. 
  4. Klaus Heymann interviewed by National Public Radio.
  5. "Labels". naxos.com. Naxos. 2016. Besoek op 15 November 2016. 
  6. "Heymann interviewed by Gramophone". MA Business and Leisure Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 13 November 2016. 
  7. Everard, Andrew (6 January 2015). "Naxos launches new high-definition music streaming and download service". Gramophone. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. 
  8. "Naxos Global Logistics on the Classical:Next website". C:N Net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 13 November 2016. 
  9. "Company Profile". NGL Naxos Global Logistics GmbH. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 13 November 2016. 
  10. Jury, Louise (2005-09-29). "Conductor dropped by record label returns in triumph with Bach award". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 13 November 2016. The label of the year award went to the bargain-priced record company Naxos, which was praised for its 'visionary zeal'.