New Era (Namibië)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die New Era is 'n daaglikse nasionale koerant wat deur die regering van Namibië besit word.[1] Die koerant is een van die vier nasionale koerante wat daagliks gepubliseer word. Dit word in Engels en vyf inheemse tale geskryf. New Era is in 1991 as 'n weeklikse koerant gesig, en is later elke tweede week uitgegee. Sedert 2004 verskyn dit daagliks.[2]

As gevolg van die regerings-eienaarskap daarvan word die koerant as SWAPO-gesind gesien. Hulle opposisie is die onafhanklike koerante: The Namibian (Engels en inheemse tale), Die Republikein (Afrikaans en Engels) en Allgemeine Zeitung (Duits).

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. NewEra.com.na, About us
  2. "New masthead for New Era". New Era. 16 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 February 2013. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]