Newelrige skreeubaber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Newelrige skreeubaber
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Mochokidae
(Jordan, 1923)[1]
Genus: Synodontis
(Cuvier, 1816)[2]
Spesie: S. nebulosus
Binomiale naam
Synodontis nebulosus
(Peters, 1852)[3]

Die Newelrige skreeubaber (Synodontis nebulosus) is 'n varswater vis wat in die middel en onderste gedeelte van die Zambezirivier en die Buzirivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Cloudy squeaker - in die Caprivi staan die vis bekend as die Skadukol knorvis.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die Newelrige skreeubaber se kop is hard, beenagtig en die pantserplate is skerp en driehoekig.

Daar is drie paar baarde teenwoordig; die buitenste paar is nie vertak nie, die binneste twee pare is vertak. Die baarde is almal kort; die buitenste is die langste (kan net so lank as die vin stekels wees) en mag soms ook vertak wees.

Daar is 13-24 tande in die onderkaak.

Die rugvin se stekel is net so lank as die kop; die stekel is skerp, sterk en het weerhakkies. Die vetvin is goed ontwikkel. Die stertvin is vlak gevurk maar goed ontwikkel. Die anale vin is goed ontwikkel. Die buikvin is gepaar en goed ontwikkel. Die borsvin is goed ontwikkel en die stekel is net so lank as die kop, rugstekel en langste baard; die stekel is sterk, skerp en vol weerhakkies.

Die Newelrige skreeubaber is soos ‘n haai gebou en word tot 150 mm lank en die Zimbabwe hengelrekord is 0,12 kg.

Sy lyf is olyf tot bruin, ligter na onder. Hy het groot skadukolle oor die hele lyf wat ligter op die vinne is en fyner op die kop.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis verkies diep stilstaande water met plantegroei. Hy is ‘n omnivoor en vreet alles maar behoort aangekeer te word (veral in die nag) met ‘n klein hoekie en ‘n stukkie vleis, vis of erdwurm as aas.

Algemeen[wysig | wysig bron]

Die vis maak ‘n knorgeluid en hy kan maklik met die Grootvlek-skreeubaber verwar word. Let dan op sy baarde wat korter is, sy pantserplaat wat ‘n skerp driehoek is en sy dowwe kolle.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. uBio (en)
  2. Cuvier G. 1816. Le Règne Animal distribué d'après son organisation pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Les reptiles, les poissons, les mollusques et les annélides. Edition 1. Règne Animal (ed. 1) v. 2. i-xviii + 1-532.
  3. BioLib (en)

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]