Nick Sloane

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Nick Sloane
Mens
GeslagManlikWysig
Land van burgerskapSuid-AfrikaWysig
Gegewe naamNickWysig
VanSloaneWysig
Geboortedatum5 Julie 1961Wysig
GeboorteplekKitweWysig
BeroepingenieurWysig
Pryse ontvangGerman Maritime AwardWysig

Nicholas "Nick" Sloane (gebore 5 Julie 1961 in Kitwe, Zambië[1]) is 'n kenner op die gebied van berging van skeepswrakke.

Hy het in besonder bekendheid verwerf vir sy bestuur van die berging van die wrak van die Italiaanse plesierboot Costa Concordia in September 2013. Die skip het 'n jaar vantevore 'n rotsrif getref, en het kort daarna op die eiland Giglio gekantel[2] en was uiteindelik vir 20 maande gestrand.[3] Die bergingsproses het in middel 2012 begin nadat die brandstof en olie verwyder is. Na meer as 'n jaar se voorbereiding is die skip uiteindelik regop gebring, waarna dit na Genua se skeepwerf geneem is vir uiteindelike aftakeling.[4]

In 2015 het Sloane die Duitse seeprys verwerf.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Nicholas Sloane". Who's Who SA (in Engels). Besoek op 2018-02-17.
  2. "Jetzt will ich nur noch ein Bier trinken und schlafen gehen". Tages-Anzeiger, Tages-Anzeiger (in Duits). 2013-09-17. ISSN 1422-9994. Besoek op 2018-02-17.
  3. Nick Sloane – Der Held, NZZ Online, 17 September 2013
  4. "Costa Concordia wreck enters Genoa port for scrapping". BBC news europe. BBC. BBC. 27 July 2014. Besoek op 27 July 2014.
  5. "Salvage master gets global recognition". IOL News (in Engels). Besoek op 2018-02-17.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]