Noël Poynter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Noël Poynter
Noël Poynter[1]
Gebore 24 Desember 1908
Oorlede 11 Maart 1979 (ouderdom 70)
Nasionaliteit Brits
Beroep Bibliotekaris, Mediese historikus
Ander poste, ampte Bibliotekaris en mediese historikus
Bekend vir * Direkteur van die Wellcome Instituut vir die Geskiedenis van Medisyne
  • Medestigter van die Britse Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne (1965)
  • Redakteur van die Mediese Geskiedenis Joernal
  • President van die Internasionale Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne (Société Internationale d’Histoire de la Médecine)
  • Britse Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne Poynter-lesings

Frederick Noël Lawrence Poynter (24 Desember 1908 – 11 Maart 1979) was 'n Britse bibliotekaris en mediese geskiedkundige wat vanaf 1964 tot 1973 gedien het as direkteur van die Wellcome Instituut vir die Geskiedenis van Medisyne.

In 1958 was Poynter 'n hoofspeler in die stigting van die Fakulteit van die Geskiedenis en Filosofie van Medisyne en Farmakologie van die Genootskap van Aptekers en was hy in 1965 een van die stigters en komiteelede van die Britse Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne (Société Internationale d’Histoire de la Médecine). Hy het later ook die Genootskap se president geword.[2]

Hy het verskeie werke in verband met die geskiedenis van medisyne gepubliseer en was ook die redakteur van die Mediese Geskiedenis joernaal, die eerste Britse joernaal wat eksklusief toegewy was aan die geskiedenis van medisyne. Gedurende sy direkteurskap van die Wellcome Instituut vir die Geskiedenis van Medisyne was sy advies gereeld gevra betreffende aangeleenthede wat op die geskiedenis van medisyne betrekking het. Sy invloed was veral gevoel by die Bibliografiese Genootskap en hy was uitgenooi om 'n aantal gelyknamige lesings te gee. Die tweejaarlikse Britse Genootskap vir die Geskiedenis van Medisyne Poynter Lesings is na hom vernoem.

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Frederick Noël Lawrence Poynter. Photograph.". Wellcome Collection (in Engels). Besoek op 1 May 2019. 
  2. "Poynter; F. N. L. Archives – Bedfordshire Historical Record Society" (in Engels). Besoek op 27 April 2019.