Nu Aquarii
Nu Aquarii
| ||||
Die ligging van Nu Aquarii (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Spektraaltipe | G8 III[1] | |||
Soort | Reusester | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 09m 35.64888s[2] | |||
Deklinasie | -11° 22′ 18.0851″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 4,52[3] | |||
Absolute magnitude (M) | +0,93[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,94[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,66[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,35[4] | |||
Radius (R☉) | 8[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 37[5] | |||
Ouderdom (jaar) | 708 miljoen[4] | |||
Temperatuur (K) | 4 920[5] | |||
Ander name | ||||
Albulaan, 13 Aquarii, BD–11 5538, HD 201381, HIP 104459, HR 8093, SAO 164182[6] | ||||
|
Nu Aquarii (afgekort as ν Aqr) is ’n ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius). Dit deel die tradisionele naam Albulaan met Mu Aquarii. Dit kom van die Arabiese term al-bulacān (ألبولعان), "die twee slukkers". Die ster was saam met ε Aqr (Albali) en μ Aqr (Albulaan) bekend as al Bulaʽ (البلع), die Slukker.[7]
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die ster is sowat 159 ligjare van die Son af geleë en met ’n skynbare magnitude van 4,52[3] is dit met die blote oog sigbaar.
Teen ’n geraamde ouderdom van 708 miljoen jaar[4] het dit ontwikkel tot ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van G8 III.[1] Sy massa is twee keer dié van die Son[4] en sy radius agt keer die Son s'n.[5] Die ligsterkte vanaf sy buitenste atmosfeer is 37 keer dié van die Son,[5] met ’n effektiewe temperatuur van 4 920 K.[5] Dit gee die ster die geel skynsel van ’n G-tipe ster.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Buscombe, W. (1962), "Spectral classification of Southern fundamental stars", Mount Stromlo Observatory Mimeogram 4, Bibcode: 1962MtSOM...4....1B.
- ↑ 2,0 2,1 van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode: 2007A&A...474..653V.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Johnson, H. L. et al. (1966), "UBVRIJKL photometry of the bright stars", Communications of the Lunar and Planetary Laboratory 4 (99), Bibcode: 1966CoLPL...4...99J.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Takeda, Yoichi; Sato, Bun'ei; Murata, Daisuke (Augustus 2008), "Stellar parameters and elemental abundances of late-G giants", Publications of the Astronomical Society of Japan 60 (4): 781–802, doi:10.1093/pasj/60.4.781, Bibcode: 2008PASJ...60..781T.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 Massarotti, Alessandro et al. (Januarie 2008), "Rotational and Radial Velocities for a Sample of 761 HIPPARCOS Giants and the Role of Binarity", The Astronomical Journal 135 (1): 209–231, doi:10.1088/0004-6256/135/1/209, Bibcode: 2008AJ....135..209M.
- ↑ "13 Aqr -- Star", SIMBAD Astronomical Object Database (Centre de Données astronomiques de Strasbourg), http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-id?Ident=13+Aquarii, besoek op 2012-07-02.
- ↑ Davis Jr., G. A. (Oktober 1944), "The Pronunciations, Derivations, and Meanings of a Selected List of Star Names", Popular Astronomy 52 (3): 12, Bibcode: 1944PA.....52....8D.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Foto van Nu Aquarii
- Nu Aquarii op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia