Okavango-suierbekkie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Okavango-suierbekkie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infraphylum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraclass:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. fasciatus
Binomiale naam
Chiloglanis fasciatus
Pellegrin, 1936

Die Okavango-suierbekkie (Chiloglanis fasciatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier, Kwandorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Okavango suckermouth.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis se lyf is slank en taps met die stertvin gevurk. Die kop is geboë en die baarde langerig. Die oë is redelik groot en die vis is deurskynend wit met donker bruin vlekke op. Daar is bruin bande oor die vinne. Die vis word tot 65 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in rotsagtige stroomversnellings asook in plantegroei op die wal van die hoofstroom. Die vis vreet Ongewerweldes en alge vanaf die oppervlakte van plante en rotse.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]