Oktjabrski (Astrachan-oblast)
Voorkoms
Oktjabrski Октябрьский | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 45°51′36″N 48°06′28″O / 45.86000°N 48.10778°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 221 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416323 |
Oktjabrski (Russies: Октябрьский) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die Torgoelofski-eiland tussen die Kanitsja- en Pokatnajariviere.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie se oorspronklike naam was Isjtsjanofski.[1] In die Sowjetera is dit hernoem na Oktjabrski wat van die Russiese woord vir "Oktober" kom, die maand van die Russiese Rewolusie van 1917 wat as 'n belangrike simbool beskou was.
Demografie
[wysig | wysig bron]Volgens Sensus 2010 het Oktjabrski 217 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[2]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Kasakke | 210 | 96,8% |
Russe | 7 | 3,2% |
Totaal | 217 | 100% |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Карта РККА L-38 (юго-восток). Астраханская область, Калмыкия, Дагестан, Ставрополье". ЭтоМесто (in Russies). Besoek op 30 Julie 2023.
- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 30 Julie 2023.