Omtrek, oppervlak en volume

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Merge-arrows.svg   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Omtrek.

Merge-arrows.svg   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Oppervlak.

Merge-arrows.svg   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Volume.

Belangrike Wiskundige Begrippe vir Simmetrie[wysig | wysig bron]

Omtrek: Die afstand rondom/om die buiterande van ’n vorm.

Oppervlakte: Die ruimte wat ’n vorm dek.

Volume: Die hoeveelheid spasie wat ’n voorwerp inneem. Dit word ook kapasiteit of inhoud genoem.

Buite oppervlakte: Die totale oppervlakte van al die vlakke van ’n voorwerp.

Formules[wysig | wysig bron]

Omtrek: Tel al die sye se lengtes bymekaar

Oppervlakte: Lengte X Breedte

Volume: Lengte X Breedte X Hoogte

Voorbeelde[wysig | wysig bron]

Voorbeeld van omtrek[wysig | wysig bron]

Voorbeeld van omtrek

Omtrek = 3 cm + 3 cm + 1.5cm + 3.5cm + 3 cm + 1 cm + 2 cm = 17cm

Voorbeeld van oppervlak[wysig | wysig bron]

Voorbeeld van oppervlak

Vorm A kan of getel word, byvoorbeeld:  Vorm A bestaan uit 6 vierkante, dus kan ons sê dat vorm A uit 6 vierkante eenhede bestaan.

Wanneer ons vorm A met die formule uitwerk, vermenigvuldig ons die Lengte met die Breedte, dus 3 cm X 2 cm = 6 cm² (LW: Die klein ² beteken ‘vierkante’ sentimeter).

Vorm B bestaan uit 4 X 1 cm by 1 cm blokke, dus is die oppervlakte 4 vierkante eenhede, of

L X B

= 2 cm X 2cm
= 4cm²

Vorm C = 10 vierkantige blokke, dus is die oppervlakte 10 vierkante eenhede, of

L X B

= 5 cm X 2cm
= 10cm²

Vorm D = 12 vierkante eenhede, of

L X B

= 3 cm X 4cm
= 12cm²

Voorbeeld van volume[wysig | wysig bron]

Voorbeeld van volume

Die bogenoemde vorm se volume kan uitgewerk word deur die blokke te tel, byvoorbeeld:  Die voorste ry het nege blokke, agter ry een is twee identiese rye. Dit beteken ry een het nege blokke, ry twee het nege blokke en ry drie het nege blokke, dus is die volume van die bogenoemde vorm 27 vierkante eenhede.

Wanneer ons bogenoemde vorm met die formule uitwerk, vermenigvuldig ons die Lengte, Breedte en Hoogte met mekaar, dus 3 cm X 3 cm X 3 cm = 27 cm³ (LW: Die klein ³ beteken ‘kubieke sentimeter).