Ontlametse Bernstein Menyatsoe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Ontlametse Bernstein Menyatsoe is 'n self-erkende moordenaar wat bekendheid verwerf het deur drie gewonde AWB lede buite Mmabatho dood te skiet na hulle reeds oorgegee het. Die drie lede was Alwyn Wolfaardt, Johannes Fourie en Jacobus Stephanus Uys. Ná die skietery het Menyatsoe ook stilgebly en toegelaat dat ene Sersant Nare eers vervolg word voordat hy erken het dat hy die eintlike moordenaar is. Menayatsoe het aansoek gedoen vir amnestie by die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) waarna hy by die WVK verhoor onder andere deur die AWB-leier Eugene Terre'Blanche self kruisondervra is. Die WVK het bevind dat Menyatsoe 'n onbetroubare getuie was, maar het nietemin amnestie aan hom toegestaan.

Tot op datum (Julie 2016) is daar geen verdere stappe teen Menyatsoe geneem rakende die moorde nie. Hy was verbonde aan die Bophuthatswana Polisiemag ten tye van die skietery.

Verwysings[wysig | wysig bron]