Oostelikes Eagles rugbyklub

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Oostelikes/Eagles Rugbyklub is 'n rugbyklub in Pretoria-Oos, Gauteng, Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Berea Park Rugbyklub, wat reeds 120 jaar bestaan het, en op daardie stadium een van die oudste rugbyklubs in Pretoria was, het in 2008 na die Hoërskool Wilgers in die Ooste van Pretoria verskuif om met 'n voornemende nuwe klub Eastern Scorpions saam te smelt. Na die samesmelting en naamsverandering het die klub as Eastern Berea Rugbyklub bekend gestaan en in die Reserweliga Kompetisies van die Blou Bulle Rugby Unie deelgeneem.

Gedurende Maart 2009 is die klub se naam verander na Oostelikes/Eagles Rugbyklub omrede die klub in die Oostelike voorstede van Pretoria / Tswhane geleë is.

Oostelikes/Eagles Rugbyklub het in Julie 2010 gekwalifiseer om aan die Eersteliga Kompetisie deel te neem vanweë hul goeie prestasies en het gedurende die 2011-seisoen die Eersteliga Kompetisie met sy 1st, 2de,3d onder 21 en Presidentsliga se 3de spanne gewen.

Oostelikes Eagles rugbyklub is gepromoveer na die Carlton liga vanaf 2012 en is sover bekend die klub wat die vinnigste tot die Carlton liga gevorder het.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]