Ora

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die ora

Die ora is die amptelike geldeenheid van Orania. Die waarde van 1 ora is gelykstaande aan R1 (een Suid-Afrikaanse Rand). Naas die ora word die rand ook algemeen op Orania gebruik. Die geldeenheid word nie buite Orania erken nie, en word ook nie deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersteun nie.

Die ora is in April 2004 amptelik op Orania in gebruik geneem. Dit is gebaseer op die idee van inkopiekoepons, soos dié wat oor die algemeen deur groot inkopiesentrums dwarsoor Suid-Afrika ingespan word (normaalweg in die vorm van geskenkbewyse). Orania se plaaslike bank, die Orania Spaar- en Kredietkoöperatief, is in beheer van die geldeenheid. Hulle hoofdoel is om plaaslike ekonomiese groei te stimuleer.

Ora-note word in denominasies van 10, 20, 50 en 100 ora gedruk. Die 10-ora-noot beeld Afrikanergeskiedenis uit, die 20-ora-noot Afrikanerkuns, die 50-ora-noot Afrikanerkultuur en die 100-ora-noot Orania self.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Oranjekas, amptelike webtuiste van die Orania Spaar- en Kredietkoöperatief.