Oranjemund

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oranjemund
Ligging van Oranjemund op 'n kaart (Namibië)
Oranjemund
Oranjemund
Koördinate: 28°33′00″S 16°25′35″O Koördinate: 28°33′00″S 16°25′35″O
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Karas
Distrik Oranjemund
Stigting 1936
Hoogte 12 m (39 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 4 451
Tydsone WAT (UTC+1)
 - Somer (DST) WAST (UTC+2)

Oranjemund is 'n diamantmyndorp in die mees suidwestelike hoek van Namibië, 10 km noord van Alexanderbaai in die Noord-Kaap. Dit bly een van die wêreld se vernaamste diamantsentrums. Dit is in 1944 gestig om werkers te huisves deur die mynboumaatskappy wat daar bedrywig is. Groente en blomme word hier verbou deur moderne besproeiingsmetodes omdat die omliggende gebied te dor is om landbou te onderhou. Die dorp is merkwaardig omdat besoekers 'n permit nodig het om dit binne te gaan. Die geskatte bevolking in 2006 was 8 538, wat dit die 18de grootste dorp in Namibië gemaak het.