Oranjerand-kurper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Oranjerand-kurper
Bewaringstatus

Status iucn3.1 EN af.svg
Bedreig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Cichlidae
Subfamilie: Pseudocrenilabrinae
Tribus: Haplochromini
Genus: Chetia
Spesie: C. brevis
Binomiale naam
Chetia brevis
Jubb, 1968

Die Oranjerand-kurper (Chetia brevis) is 'n vis wat voorkom in die Komatirivier-stelsel in Mpumalanga en kusmere in Mosambiek. Die vis word tot 150 mm lank en staan in Engels bekend as Orange-fringed river bream.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n groot kop en bek en is olyfbruin. Die sye is turkoois en die skubbe se basisse is baksteenrooi. Die onderkant van die vis is wit en daar is 8-9 donker, vertikale bane op die lyf. Die dorsale vin het oranje kolle op en die rante is ook oranje. Op die stertvin is daar oranje blokkies en die rant is ook oranje. Die mannetjie se analvin het groot oranje kolle op wat in twee rye gerangskik is. Die vis word tot 150 mm lank.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in poele of staande water en floreer in beskutte water. Hulle vreet water insekte en klein vissies. Die vis is 'n mondbroeier, die wyfie dra die eiers en larwes in haar mond rond.

Bewaringstatus[wysig | wysig bron]

Die vis word bedreig; besoedeling en water ontrekking bedreig die vis. Die vis is suksesvol gevestig in die damme van die Krugerwildtuin.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Chetia brevis

Verwysings[wysig | wysig bron]